Koers in die Krisis! (nr 11)

17 Mei 2017

 Jaap Marais aan die woord:

Die prys vir vryheid is nooit te hoog nie

My boodskap aan u is: wees sterk en trou aan wat ons het – ons land, ons godsdiens, ons taal, ons kultuur, ons Witmanskap.

Wees sterk in die aanspraak op die reg om voorkeur te hê vir wat ons eie is: ons taal, ons kultuur, ons godsdiens, ons blanke ras. Wees sterk in die aandrang op ons reg om in Afrika vry te wees om onsself te wees. Wees sterk in die wil om ons eie te begrens en te beskerm met ons lewens.

Moenie dat ons bang gepraat word vir die uitdaging van Afrika nie. Moenie dat ons bang gepraat word vir die eise van die stryd nie. Die prys van ’n volk se vaderland en vryheid is nooit te hoog om te betaal nie.

Vir die wat gesteld is op ons volk se eer en selfrespek, wat trou is aan ons volk se geskiedenis van stryd teen oorheersing deur buitelandse magte en swart getalle, vir hulle is die oproep: Staan op vir ons taal, ons kultuur, ons beskawing. Soek krag na bo en na binne. Staan op vir ons reg in die land wat ons land is.

Staan saam vir die beskerming van wat vir ons heilig en onvervreembaar is. Staan vas in die wete dat bo ons ’n God van geregtigheid is en dat agter ons die groot vryheidshelde van ons volk staan. Hulle roep ons op tot dade. Moenie swig nie, moenie vlug nie. Die geskiedenis van ons volk is nie gemaak deur die paaiers en verraaiers of deur die swigters en vlugters nie.

Staan op, staan saam, staan vas. Wees bereid tot stryd vir wat ons het en wat ons verwerf het in hierdie land. En dan sal Suid-Afrika weet dat haar kinders haar roepstem verstaan.

 

Jaap Marais, 31 Desember 1993

Nuwejaarsboodskap

Koers in die Krisis! (nr 10)

10 Mei 2017

Jaap Marais aan die woord:

Nasionalisme: ’n Kontrak met ons nageslag

Ons grootste probleem is dat die massamedia ons historiese sin wil doodmaak. Hulle wil hê ons moet vloek teen ons voorgeslag. Ons moet in die beskuldigdebank gaan staan weens apartheid. Ons moet aan die wêreld skuld bely dat apartheid ’n sonde was en ons moet ons rug draai op ons helde van die verlede.

Die oomblik as ’n volk losgesny word van sy geskiedenis, as hy sy helde wil onteer, dan is hy magteloos teen elke vyand wat daar in die wêreld is. Daarom dat Edmond Burke gesê het: as jy nie terugkyk na jou voorouers nie, sal jy nooit vooruit kyk na jou nageslag nie. 

En dit is waarskynlik die belangrikste rol wat nasionalisme in ’n volk het. Nasionalisme is die kontrak tussen die wat was, die wat is, en die wat na ons sal kom. En dit is daardie kontrak wat die kon”nuïteit aan ’n volk gee, wat sy geslagte bind en wat veral deur die geskiedenis en die dade van sy helde aangevuur word – aangevuur tot die aanvaarding van groot uitdagings wat aan ’n volk gestel word.

Genl De Gaulle het gesê: nie vrede maak, nie versoening nie. Konfrontrasie. Konfrontasie met dié wat jou ondergang soek. En as ’n volk daardie sin verloor, is hy magteloos en sal hy van die verhoog van die geskiedenis afgevee word. Oorloë word nie verloor en veldslae word nie verloor deur wapenmag nie, maar wanneer mense moed en hoop verloor.

En dit is die taak wat die media vandag het: die Afrikaners moet moedeloos gemaak word. Ons moet dink daar is net een manier van optrede, en dit is dat jy moet deel word van hierdie bedrieglike en verraderlike bestel wat op ons afgeforseer is.

Moenie moedeloos word nie! Wees trou aan ons volk. Wees trou aan ons volk se geskiedenis.

Mnr Jaap Marais, 16 Maart 1995

Koers in die Krisis Nr 8

25 April 2017

Jaap Marais aan die woord:

Nasionalisme is ’n onvernietigbare mag (2)

Moenie vir u laat inpraat dat die skyn van ’n oormag nou alles beëindig het nie. Toe die Bittereinders begin het in Augustus 1900 het dit gelyk of alles verlore was. Die Bittereinders het die wil gehad om weer die stryd te hervat en te volhard. Dit is een van die belangrikste kenmerke van die Afrikanervolk. Nie dat hy met ’n blitsige optrede groot suksesse behaal nie, maar sy onbreekbare volharding: aanhou, aanhou, aanhou.

Na 1902 is sestig jaar aangehou om hierdie land weer ons land te maak – vry van die Britse oorheersing. Sestig jaar. Dit is die uitdaging wat ook voor ons staan. Ons moet by die onmiddellike situasie verby kyk: net soos daardie Bittereinders. Ons moet net voortgaan op die basis waarop ons begin het en die erfgename geword het van die manne wat voor ons was. Ons moet op die basis van Afrikanernasionalisme die stryd voortsit.

Ek verwys na die nasionalisme, maar dit was een van die Nederlandse skrywers wat onlangs gesê het: “Nog godsdiens, nog kommunisme het daarin geslaag om die nasionalisme onder te kry”.

Mense het die behoefte om aan ’n volk te behoort, hulle daarmee te vereenselwig en daarop trots te wees. Dit is die lewenskrag van die nasionalisme.

Daarom, laat ons vir onsself by die begin van hierdie jaar dit duidelik kry: Nasionalisme is ’n onvernietigbare mag op aarde. Ons is geroepe om die bewakers en die draers van daardie nasionalisme te wees. In daardie stryd het ons te doen met die basiese waardes van ons volk: taal, volkskap, vaderland, vryheid. Dít is die wekwoorde waarop ons ons vestig as ons die uitdaging aanvaar om weer vry te word in hierdie land en vir die wêreld te sê: Dié land is óns land. Ons gaan nie vertrek uit hom nie. Ons gee hom nie oor nie.

JA Marais, HNP-kongres

24 Maart 2000

Koers in die Krisis Nr 7

 Jaap Marais aan die woord:

Nasionalisme is ’n onvernietigbare mag

Ons moet dit besef: die Afrikanervolk staan in die pad van ander belange en ander magte. Hierdie land is een van die rykste lande in die wêreld en sy minerale rykdom is ’n aantreklikheid vir daardie magte. Ons is verbind tot stryd as ons wil volk wees in hierdie land. En ons is verbind tot afgesonderdheid in hierdie land. Ons sterkte het nog nooit gelê in ons bondgenootskap met groot magte nie, maar in die innerlike vertroue en wete van die reg van ons saak. Daar het ons krag gelê.

Dus, ons moenie vir ons laat bangpraat en moedeloos praat nie, want dit sal die gevaarlikste ding van alles wees. Ons moet besef die Britse stryd het weer geseëvier. Moenie vir u laat vertel dit is die ANC wat gewen het nie, dit is die Britse vyandigheid wat weer geseëvier het oor die Afrikaners. Ons sit met groot magte teen ons, maar die belangrikste mag in Suid-Afrika is die Afrikanernasionalisme. Dit is wat hierdie land gemaak het en dit is die een ding wat nou weer as ’n mag moet opgebou word as ons onsself weer vry wil maak in hierdie land.

Nasionalisme is een van die merkwaardigste verskynsels wat daar ooit in die geskiedenis was. Dink maar net aan die magtige Soviet-Unie. Die kommuniste kon nie daarin slaag om die nasionalisme te vernietig nie. Selfs met die Christelike godsdiens het elke nasie nog sy eie identiteit bewustelik nagestrewe. Die nasionalisme is ’n onvernietigbare mag en daarom, as ons onsself wil handhaaf vir die toekoms, is die eerste prioriteit dat ons in ons harte sê ons berus nie in hierdie bedrieglike en verraderlike verowering nie.

Die tweede ding is: wat doen ons dan? Ons moet weer Afrikanernasionalisme in beweging bring. En dit sal ons moet doen rondom ons liefde vir ons taal en ons gebondenheid aan ons geskiedenis.

Jaap Marais, 28 April 1995

Dinee by Blinkpan

Koers in die Krisis! (nr 6)

11 April 2017

Jaap Marais aan die woord:

Die Afrikanervolk se land

Laat ons vir die wêreld sê: Dié land is óns land. Ons gaan nie hieruit weg nie. En vir die mense wat maklik sê, hoe kan jy sê dit is ons land, dan sê ek vir hom: Het ons dan nooit ‘n land gehad nie en as ons nooit ‘n land gehad het nie, waarom het ons oorloë geveg?

Daar is een groep mense in Suid-Afrika wat ‘n geboortereg het op hierdie land. Dit is die Afrikaners.

En ek is nie onverskillig nie, maar wanneer hierdie bestel inmekaar stort (en dit sal gepaard gaan met geweld) laat ons dan bereid wees om die nuwe grense van ons Vaderland en ons vryheid ook met bloed te trek.

Jaap Marais, 26 Februarie 2000.

Majubafees, Malmesbury.

Kliek hier vir die .pdf-weergawe: 
https://gallery.mailchimp.com/23ce74e57f4865fc93811627a/files/f2b59043-6064-495c-8c62-eb47b1a3d1d3/Koers_in_die_Krisis_nr_6.pd

Die HNP se verklaring rakende die afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus

Mediaverklaring

Rommelstatus: Hoe ver gaan die ANC Suid-Afrika nóg afbreek?

Die besluit van Standard & Poor’s om Suid-Afrika tot rommelstatus af te gradeer, het nie as ’n verrassing gekom nie. Dié afgradering dreig lankal en het nou ’n werklikheid geword– onder ANC-bewind.

Dit het by die ANC-bewind mode geword om die skuld vir alles wat as gevolg van swak regering en bestuur gebeur, voor die deur van apartheid te lê. Daarom is dit nodig om nou, met dié afgradering, ’n vergelyking te tref tussen die regerings van die ANC, nou, en die NP onder wyle dr HF Verwoerd met sy suksesvolle beleid van afsonderlike ontwikkeling.

In die sestigerjare was Suid-Afrika ’n Eerste Wêreldland. Suid-Afrika het op ekonomiese gebied onder die top tien Westerse lande getel en was die sterkste ekonomiese land in Afrika. Die Engelse pers het geskryf “South Africa is suffering from a surfeit of prosperity and is a shining example of success on a troubled continent”. (Rand Daily Mail, 30 Julie 1966). Die ekonomiese groeikoers was 6% en die inflasie-koers was 2% en 74% van nuwe arbeid kon jaarliks in die formele sektor opgeneem word. Werkloosheid het bykans nie bestaan nie. Die ekonomiese groeikoers onder die blanke bevolking was 5,7% en onder die swart bevolking 7,8%. Dit het goed gegaan met al die mense in Suid-Afrika.

Die suksesverhaal van dr Verwoerd het die ver-beelding van die wêreld aangegryp. Dit is alles ver-nietig deur ’n grypsugtige ANC-bewind. Die jongste  “sukses”  van rommelstatus van die ANC gaan net nog meer ekonomiese druk op die belastingbetaler plaas, wat in hoofsaak die blanke belastingpligtige gaan raak.

Die   Afrikanervolk   het,   toe   hy   die   politieke   mag gehad   het,   die   sukses   soos   hier-bo aangehaal, vir al Suid-Afrika se mense behaal. Ons is moeg om die ekonomiese melkkoei van ’n onbevoegde regering te wees. Ons sal die ideaal om as volk vry te wees en oor onsself te regeer, nie prysgee nie. Dan sal ons weer die sukses waartoe ons volk in staat was, en is, herstel.

Louis van der Schyff

Hoofsekretaris

4 April 2017

 

Vryemark stabiliteit teenoor korrektiewe sosialisme

Die Handves van Regte beskik oor ʼn omvattende pakket van burgerlike en politeke regte en vryhede soos die reg op gelykheid voor die reg en die reg teen onbillike diskriminasie deur die staat (artikel 9(1) en (3)); menswaardigheid (artikel 10), (sien egter die opmerking oor die reg op waardigheid in die paragraaf onmiddellik hier onder), basiese vryhede vir elkeen met inbegrip van die reg op persoonlike vryheid en sekuriteit (artikel 12); Vryheid van slawerny, knegskap en dwangarbeid (artikel 13), die reg op privaatheid (artikel 14); godsdiens- en meningsvryheid (artikel 15); vryheid van uitdrukking (artikel 16); vryheid om te vergader (artikel 17); vryheid van assosiasie (artikel 18); bewegings- en verblyfvryheid (artikel 21); die beskerming van eiendomsreg (artikel 25) en vryheid van bedryf, beroep en professie (artikel 22); die regte van gearresteerdes, aangehoudenes en beskuldigdes (artikel 35).

Hieruit is dit duidelik dat die Handves ʼn omvattende lys van eerste-generasie regte bevat en sodoende juridiese uitdrukking aan die idee van individuele vryheid gee. Die Staat moet ooreenkomstig hierdie regte natuurlik ʼn gunstige situasie skep om die realisering van al die regte moontlik te maak.

Ooreenkomstig hierdie regte sal dit gewoonlik nie vir die Staat nodig wees om ʼn langtermyn beleidsprogram te loods ten einde die bestaande maatskaplike toestande te verander nie.

Teenoor die vryemarkstroming in die Handves van Regte is daar egter ‘n ander stel bepalings wat uitdrukking gee aan die teenoorgestelde, waarna hier as korrektiewe sosialisme verwys word. By sosialistiese opvattings word in hierdie konteks bedoel opvattings wat omvattende inmenging in die gang van die vryemark voorstaan om in die naam van ʼn kollektiewe agent soos die staat, die nasie, die massa of iets dergeliks die ekonomie ingrypend te transformeer en in die proses ekonomiese bates te herverdeel. Bates moet hiervolgens van die “bevoorregtes” weggeneem en aan “minderbevoorregtes” of eertydse benadeeldes oorgedra word met die oog op die verbetering van die maatskaplike toestande van laasgenoemde.

In die Suid-Afrikaanse konteks word hierdie stroming nie as die een of ander vorm van sosialisme uitgedruk nie, maar eerder as vorme van regstelling en herverdeling wat deur eertydse ongeregtigheid genoodsaak word en as deel van ‘n projek van transformatiewe konstitusionalisme, waarna hierbo verwys is, beskou word.

Nogtans kan die sosialistiese aard van hierdie regsmaatreëls nie ontken word nie. Die opvallendste bepalings van hierdie aard in die Suid-Afrikaanse Grondwet is ar􀆟kels 26 en 27 wat vir tweedegenerasie sosio-ekonomiese regte voorsiening maak naamlik elkeen se reg op toegang tot geskikte behuising (artikel 26) en die reg op gesondheidsorgdienste; voldoende voedsel en water; en maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien persone nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.

Dit is natuurlik nie vir die ledig aan al hierdie behoeftes te voldoen nie. Gevolglik bepaal subartikel (2) van albei hierdie artikels in gelykluidende terme dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls moet tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.

Die korrektief sosialistiese stroming in die Handves van Regte strek egter verder as artikel 26 en 27. Die reg op gelykheid bied verdere onderskrywing van (korrektief) sosialistiese sentimente en doelwitte. Ofskoon die reg op gelykheid soos aangedui (ook) ʼn vryemark-opvalling weerspieël (gelykheid voor die reg in artikel 9(1) en die reg teen onbillike diskriminasie deur die staat (ar􀆟kel 9(3)), gee dit terselfdertyd uitdrukking aan ʼn verbintenis tot korrektief-sosialistiese oogmerke soos blyk uit ten minste die volgende vier verdere – en teenoorgestelde aspekte – van die reg op gelykheid naamlik: die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg (artikel 9(1)); dat die reg op gelykheid ook die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede insluit (ar􀆟kel 9(2)); die regstellende-aksie-bepaling naamlik dat juis ten einde gelykheid te bewerkstellig die staat “regstellende optrede” moet loods, dit wil sê, daadwerklike stappe om eertydse onbillike diskriminasie uit die weg te ruim ten einde juis, soos gesê, die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede te bewerkstellig.

Volledige artikel in Die Afrikaner

Verklaring deur die HNP rakende 22 Maart se terroriste-aanval in Londen

Mediaverklaring

Terroriste-aanval in Londen

Terroriste-aanvalle op onskuldige mense kan nie goedgepraat word nie. Daarom veroordeel die HNP ook die aanval in Londen.

Dit is egter noodsaaklik om die geskiedenis en gebeure in Suid-Afrika in herinnering te roep en die saak van terroristedade en-aanvalle in perspektief te stel.

Continue reading Verklaring deur die HNP rakende 22 Maart se terroriste-aanval in Londen

Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP, asook voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, rakende die afgelope week se debat in die parlement oor plaasmoorde

 

‘n NUWE KONSTITUSIONELE BEDELING

As enigiemand nog getwyfel het oor die ANC-regering se houding oor plaasaanvalle en die moorde op boere, het verlede week (14 Mrt) se debat in die parlement alle onsekerheid daaroor uit die weg geruim.

Die uitlatings van ANC-parlementslede dat nog meer boere doodgemaak en dat boere lewendig begrawe moet word, weerspieël die gesindheid wat in daardie geledere heers. As verteenwoordigers van die regerende party nie skroom om sulke verregaande dinge in die openbaar te sê nie, verg dit geen verbeelding om te raai wat hulle onder mekaar sê waar die openbare oor hulle nie hoor nie. Dié gesindheid verklaar die politieke onwil van die ANC-regering om daadkragtig op te tree ten einde hierdie aanvalle hok te slaan.

Continue reading Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP, asook voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, rakende die afgelope week se debat in die parlement oor plaasmoorde

Vooruitsigte op kredietafgradering

Suid-Afrika se ekonomie was die afgelope paar maande bedreig met ʼn krediet afgradering wat teen die einde van 2016 sou plaasvind. Dit het gelukkig nie gebeur nie en die ekonomie het dit net-net vrygespring.

Die huidige minister van finansies van die ANC-bewind, Pravin Gordhan, het ʼn sleutelrol gespeel in die reddingspoging. Die vraag kan gevra word of die ontsnapping slegs tydelik is?

Voordat daar na die land se ekonomiese toestand gekyk word, is dit belangrik om die voordeel van ʼn goeie kredietgradering uit te wys en daar is veral twee belangrike redes.

Eerstens moedig ʼn goeie kredietgradering buitelandse beleggings aan wat belangrik is vir die land se ekonomiese groei, want ʼn goeie kredietgradering skep beleggingsvertroue.

Die tweede rede is dat geld wat geleen word, goedkoper is, net soos wat ʼn bank die finansiering van ʼn lener wat ʼn hoë risiko inhou met ʼn hoër rentekoers sal belas.

Die vraag kan nou gevra word: “Hoe lyk die land se ekonomiese vooruitsigte en kan ʼn afwaartse kredietgradering deur die internasionale kredietagentskappe verwag word?”.

Om die vraag te kan beantwoord, moet daar na die afgelope jare, asook na die vooruitsigte gekyk word. Hou in gedagte dat ʼn land se ekonomiese tendens belangrik is omdat ʼn land se ekonomie stadig van rigting verander weens die omvang daarvan. In die bespreking sal daar gekyk word na die ekonomiese groeikoers, die betalingsbalans wat die internasionale handelsurplus en -tekort aandui, vreemde valuta met handelreserwes wat gehou word, die bruto buitelandse produk wat die land se produksie-uitset aandui en die invloei van buitelandse beleggings wat die vertroue van buitelanders aandui om in die land te belê en wat nodig is om internasionale handelstekorte, binnelandse investering en ekonomiese groei te ondersteun.

Ekonomiese groeikoers
Die jaarlikse ekonomiese groeikoers was sedert 2014 soos volg:

Januarie 2014 2.9%     Januarie 2015 1.5%      Januarie 2016 0.5%     Januarie 2017 0.5%?

Ten einde die land se groeiende bevolking van werk te voorsien en werkloosheid, wat tans op meer as 27% staan, te verlig, is ʼn konstante groeikoers van minstens 4% per jaar noodsaaklik. Die ekonomie is dus al vir jare besig om onder te presteer met die afgelope twee jaar die swakste.