Opwindende tye: Kommentaar in Die Afikaner

As daar nou een feit soos ‘n koei is, is dat Suid-Afrika beslis opwindende tye beleef. Wat egter net so seker is, is dat baie van die opwinding maar eerder kon gebly het. Maar die derde feit daaromheen, is dat van die opwinding ook geleenthede skep.

Die politieke landskap is sedert die begin van die jaar inderdaad interessant, alhoewel dit daagliks al hoe meer onstuimig word.

In die vorige uitgawe het ons al gepraat van die rewolusie wat aan die gang is. Dit is egter duidelik dat dit selfs hewiger is as wat ons aanvanklik verwag het.

Radikale transformasie het die kodewoord geword nadat radikale ekonomiese transformasie die sneller getrek het. Wat daar met al die radikale transformasies bedoel word, is glashelder: Blankes moet ontneem word wat hulle ook al mag he, en hulle moet liefs oral verwyder word of totaal magteloos gemaak word.

Waar daar in die verlede nog redelik omsigtig met woorde omgegaan is, is die aanslag nou blatant rassisties, en ANC-ampsdraers ding mee om mekaar te oortref in ongebreidelde haat teen die Blanke, terwyl die eerste openlike dreigemente teen die Blankes ook reeds geuiter is.

Dit wat tans uit ANC-kringe kom, laat selfs ‘n Julius Malema na ‘n soet kleuterskoolseuntjie lyk.

Intussen durf ‘n Blanke nie meer sy of haar mond oopmaak nie. Daarvan kan die superlinkse Helen Zille getuig. Al haar gedansery met die swart massas om stemme te werf, en al haar soene om te wys hoe lief sy vir die swart nasie is, was niks werd nie en vergete toe sy dit durf waag om te insinueer dat onder ‘n voormalige blanke bewind daar iets sinvols tot stand gekom het, al was dit dan net die infrastruktuur van paaie, mediese sorg en ‘n regstelsel. Net daardie veraf verwysing na blanke sukses, kan haar haar politieke loopbaan kos, want in wese is dit ’n erkenning dat die swart regering van die afgelope twee dekades ’n gemors maak, en die skoen druk hulle!

Die Zille-episode het natuurlik die een voordeel en dit is dat die DA onder sy swart leiertjie nou sy ware swart kleure wys. Dit word nou duidelik dat wit stemme voorlopig nog welkom is, solank hulle eintlik maar stilbly.

Die EFF is tot ’n groot mate identiteitloos as gevolg van die skielike radikalisering van die ANC. Aan die een kant wil Malema die groot revolusioner wees, en aan die ander kant is hy in bondgenootskappe met die DA, waarvan die leier met ’n blanke vrou getroud Bespiegelinge dat Malema al in die geheim met ANC-leiers in gesprek was, verbaas nie. Trouens, die vermoede is al uitgespreek dat Malema se party juis deur die ANC geskep is sodat dit die ANC die kans kan gee om meer radikaal te word. Die EFF het dit sedert sy stigting reggekry om die hele parlementere politieke spektrum na links te trek.

As dit gese is, kan die vraag gevra word wat dan nou so positief kan wees as die politieke toneel verradikaliseer teen die Blanke?

Ten minste weet die Blanke nou dat hy van die stelsel niks moet verwag nie. Enige toegeeflikheid teenoor die ANC of die regering word as blote swakheid gesien. Mnr. Jaap Marais het altyd die vergelyking met die wig en die deur getref: sodra die dun punt van die wig die deur effens oopmaak, sal hy nie ophou voor die deur heeltemal oop is nie. Die ANC en hulle kommunistiese mentors is meesters daarin.

Hulle het daardie tegniek gevolg met De Klerk en kie by Kodesa, en hulle volg steeds dieselfde taktiek.

Daarom is dit uiters gevaarlik om enige ooreenkoms met hulle aan te gaan, want dit is nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. Die ANC gaan nie ophou voor hy al die grond van die boere gevat het nie. Die 30% grond in swart hande is net ’n tussentydse doelwit. Hulle gaan nie tevrede wees met 50% swart aandeelhouding in besighede nie. Dit is net ’n tussentydse doelwit. Om dus nou te dink om hulle te help om daardie doelwitte te help bereik, is bloot uitgestelde selfmoord.

Dit is egter in hierdie tye uiters gevaarlik om na strooihalms te gryp. Die optogte teen Zuma is ’n voorbeeld daarvan. In ’n tyd dat die land oorloop van rassespanning, het die liberale media uit hulle pad gegaan om aan te toon hoe goed die optogte gewerk het, waar Wit, Bruin en Swart saam deelgeneem het en waar rasseharmonie dan nou skielik herstel

  1. Die optogte het gegaan teen die persoon van Zuma, nie teen sy ideologie en beginsels nie. Sodra hy weg is, sal die EFF, wat nou saam met die Blankes geloop het, net so vinnig omdraai en sy anti-blanke sentimente laat blyk met bewerings dat ons grond gesteel het en dat ons uit die ekonomie verwyder moet word.

Die ander strooihalm wat mense maar kan los, is die gewaande verdeeldheid in die ANC. Niemand het bedank na Zuma se kabinetskommeling nie, behalwe die wat deur hom afgedank is. Zuma staan sterk. Ons moenie dat ons westerse denke ons dinge laat sien wat nie bestaan nie. Afrika dink anders, soos blyk uit prof. Andre Duvenhage se voorlegging onlangs by TLU SA, waaroor ons in hierdie uitgawe berig.

Die positiewe waaraan ons moet vasklou, is ons identiteit en ons geskiedenis. Daarom dat ons in hierdie uitgawe ook goeie aandag gee aan die herdenking van die Slag van Majuba, waar volksgenote jaarliks in groot getalle bymekaarkom, en mekaar versterk en bemoedig. Waar kinders hulleself geniet en waar die volgende geslag al hulle kinders heen bring om moed uit die geskiedenis te put. Want een ding van die geskiedenis is waar: hy herhaal homself: helaas die slegte, maar gelukkig ook die goeie.

Die HNP se verklaring rakende die afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus

Mediaverklaring

Rommelstatus: Hoe ver gaan die ANC Suid-Afrika nóg afbreek?

Die besluit van Standard & Poor’s om Suid-Afrika tot rommelstatus af te gradeer, het nie as ’n verrassing gekom nie. Dié afgradering dreig lankal en het nou ’n werklikheid geword– onder ANC-bewind.

Dit het by die ANC-bewind mode geword om die skuld vir alles wat as gevolg van swak regering en bestuur gebeur, voor die deur van apartheid te lê. Daarom is dit nodig om nou, met dié afgradering, ’n vergelyking te tref tussen die regerings van die ANC, nou, en die NP onder wyle dr HF Verwoerd met sy suksesvolle beleid van afsonderlike ontwikkeling.

In die sestigerjare was Suid-Afrika ’n Eerste Wêreldland. Suid-Afrika het op ekonomiese gebied onder die top tien Westerse lande getel en was die sterkste ekonomiese land in Afrika. Die Engelse pers het geskryf “South Africa is suffering from a surfeit of prosperity and is a shining example of success on a troubled continent”. (Rand Daily Mail, 30 Julie 1966). Die ekonomiese groeikoers was 6% en die inflasie-koers was 2% en 74% van nuwe arbeid kon jaarliks in die formele sektor opgeneem word. Werkloosheid het bykans nie bestaan nie. Die ekonomiese groeikoers onder die blanke bevolking was 5,7% en onder die swart bevolking 7,8%. Dit het goed gegaan met al die mense in Suid-Afrika.

Die suksesverhaal van dr Verwoerd het die ver-beelding van die wêreld aangegryp. Dit is alles ver-nietig deur ’n grypsugtige ANC-bewind. Die jongste  “sukses”  van rommelstatus van die ANC gaan net nog meer ekonomiese druk op die belastingbetaler plaas, wat in hoofsaak die blanke belastingpligtige gaan raak.

Die   Afrikanervolk   het,   toe   hy   die   politieke   mag gehad   het,   die   sukses   soos   hier-bo aangehaal, vir al Suid-Afrika se mense behaal. Ons is moeg om die ekonomiese melkkoei van ’n onbevoegde regering te wees. Ons sal die ideaal om as volk vry te wees en oor onsself te regeer, nie prysgee nie. Dan sal ons weer die sukses waartoe ons volk in staat was, en is, herstel.

Louis van der Schyff

Hoofsekretaris

4 April 2017

 

Verklaring deur die HNP rakende 22 Maart se terroriste-aanval in Londen

Mediaverklaring

Terroriste-aanval in Londen

Terroriste-aanvalle op onskuldige mense kan nie goedgepraat word nie. Daarom veroordeel die HNP ook die aanval in Londen.

Dit is egter noodsaaklik om die geskiedenis en gebeure in Suid-Afrika in herinnering te roep en die saak van terroristedade en-aanvalle in perspektief te stel.

Continue reading Verklaring deur die HNP rakende 22 Maart se terroriste-aanval in Londen

Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP, asook voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, rakende die afgelope week se debat in die parlement oor plaasmoorde

 

‘n NUWE KONSTITUSIONELE BEDELING

As enigiemand nog getwyfel het oor die ANC-regering se houding oor plaasaanvalle en die moorde op boere, het verlede week (14 Mrt) se debat in die parlement alle onsekerheid daaroor uit die weg geruim.

Die uitlatings van ANC-parlementslede dat nog meer boere doodgemaak en dat boere lewendig begrawe moet word, weerspieël die gesindheid wat in daardie geledere heers. As verteenwoordigers van die regerende party nie skroom om sulke verregaande dinge in die openbaar te sê nie, verg dit geen verbeelding om te raai wat hulle onder mekaar sê waar die openbare oor hulle nie hoor nie. Dié gesindheid verklaar die politieke onwil van die ANC-regering om daadkragtig op te tree ten einde hierdie aanvalle hok te slaan.

Continue reading Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP, asook voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, rakende die afgelope week se debat in die parlement oor plaasmoorde

Die Afrikaner tydskrif vir ingeligte mense

Die Afrikaner is ‘n volksnasionalistiese twee maandelikse tydskrif, wat onbeskaamd die vryheidsideaal van die Boere- of Afrikanervolk uitdra. Dié Tydskrif bestaan reeds van 1970 af en is sedertdien die enigste stem vir die behoud van ons volkswaardes, ons Christelike waardes en tradisies, ons volkskultuur en in die laaste jare die stem van ‘n vrye Boere-Afrikanervolk.
Hierdie Tydskrif moet dringend en vinnig uitgebou word as enigste teenvoeter vir die propaganda van die fiktiewe en onwerkbare “reënboognasie”.
Intekening kan geskied deur ‘n e-pos te stuur aan admin@hnp.org.za of te skakel na 012 543 2332 . Beveel die tydskrif aan by u vriende asb

Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP na aanleiding van FW de Klerk se toespraak

Meneer De Klerk,

Nou toe nou! Jy wat met groot bravade beduie het hoe jy Suid-Afrika onomkeerbaar gaan verander, skrik nou vir jou eie mismaaksel, noudat jy die gevolge daarvan sien en agterkom dat jou eie politieke heksebrousel  onomkeerbaar is.

Continue reading Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP na aanleiding van FW de Klerk se toespraak

Politiek en rugby: Die volle kringloop

Politiek en rugby: Die volle kringloop

Die laagtepunt waarin Springbokrugby die afgelope naweek beland het, is die logiese gevolg van die politieke ineenstorting wat in Suid-Afrika plaasgevind het na die moord op dr HF Verwoerd en sy beleid vyftig jaar gelede in 1966. Toe was Suid-Afrika ’n toonbeeld van sukses. Daar was vrede, stabiliteit en vooruitgang. Suid-Afrika het getel onder die top tien lande op ekonomiese gebied. Daar was geen keer aan die ekonomiese groei en vooruitgang nie. Suid-Afrika was ook die onbetwiste kampioen op die rugbyveld. Nou is dit alles vernietig. Die vernietigingswiel het volledig gedraai.

Sport was gebruik om die Nasionale Party van mnr John Vorster en sy opvolgers tot oorgawe te dwing. Dit was mnr John Vorster wat die beleid van afsonderlike sport verander het en veelrassige sport toegelaat het. Twee Maori’s in ’n All Black-span in 1970 was die begin van die toestand wat ons vandag in Suid-Afrika het. Suid-Afrika is onder ‘n Kommunistiese bewind, korrupsie is aan die orde van die dag en daaglikse onluste is niks vreemds nie. Die Witman word onderdruk in sy vaderland en die land is ekonomies bankrot.

Terwyl al hierdie negatiewe resultate oor die Afrikaner en die Witman gespoel het, het hulle nog vasgehou aan die ontvlugting van sukses op die rugby- en krieketveld. Op 8 Oktober het hierdie laaste toevlug ook geval. Sport was gebruik om ‘n suksesvolle Suid-Afrika polities te vernietig. Daardie vernietigende politiek het nou ook die Witman se sport (rugby) vernietig.

Dit is tragies, maar waar. Die HNP het destyds betyds gewaarsku. Ons was reg! Na alles wat ons gesien en beleef het, is daar net een uitkoms vir die Afrikanervolk. Ons wil vry wees in ons eie vaderland waar ons met trots oor onsself kan regeer en weer kan opbou wat ons gehad het. Dan sal ons weer ekonomies sterk kan staan, militêr ’n mag wees en onsself ook op die sportveld kan handhaaf.  (Kyk ook www.hnp.org.za)

Louis van der SchyffNamens die HNP se Beplanningskomitee

12 Oktober 2016

 

Dr HF Verwoerd op 12 Desember 1961: Die beleid van skeiding!

hf-verwoerd-3

Wanneer daar vandag oor die lewe van dr HF Verwoerd gepraat word, word sy naam deurentyd verbind aan die beleid van apartheid, of afsonderlike ontwikkeling. In die mees neerhalende terme word dié beleid dan veroordeel sonder dat dit enigsins in besonderhede verduidelik of bespreek word. Die persepsie word geskep dat die beleid van skeiding ’n bose en verwerplike beleid was. In hierdie uiteensetting deur dr Verwoerd self, word in die eenvoudigste taal verduidelik wat die motivering vir die beleid was en hoe dit toegepas sou word. Lesers kan self oordeel nadat hulle hierdie uiteensetting gelees het. Dit kom uit ’n toespraak wat dr Verwoerd voor die Raad vir Kleurlingsake in Kaapstad gehou het op 12 Desember 1961. Die beleid word eenvoudig en verstaanbaar oorgedra – in die lig van agitasie destyds dat die Kleurlinge met die Blankes sou moes integreer, ’n aandrang wat veral deur die redakteur van Die Burger bevorder is.

In die volgende toespraak motiveer dr HF Verwoerd die skeidingsbeleid op meesterlike wyse by geleentheid van ’n vergadering van die Raad vir Kleurlingsake op 12 Desember 1961. Die toespraak is gelewer te midde van oproepe tot integrasie met die Kleurlinge en die verwydering van sekere apartheidsmaatreëls. Dr Verwoerd is aan die woord:

Ek is baie bly oor die geleentheid om met hierdie Raad te kan kom saampraat oor die toekoms van die Kleurling-gemeenskap. Ek wil ook graag die Raad bedank vir sy samewerking tot dusver. Dit is nie maklik vir enige raad om binne ’n jaar of twee aansien te kry nie, veral nie as die begin, soos noodwendig die geval moet wees, onvolmaak is nie. Dié Raad moes baanbrekerswerk doen en doen dit nog. Dit het ’n nuwe tydvak ingelei… Die probleme t.o.v. rasseverhoudings in Suid-Afrika kan nie sonder welwillendheid aangepak word nie. Ons benader hulle in dié gesindheid. Ons moet eerlik teenoor onsself wees en die feite nugter sien, dan alleen sal ons die probleme kan oorwin. Vriendskap kan beste bestaan waar daar die gesindheid van goeie buurskap is. Op dié wyse is daar geen rede waarom mense nie naby mekaar kan lewe nie wat in verskeie opsigte van mekaar verskil. Dit hang net af hoe die verskille benader word. Dit is ook nodig dat begryp word dat daar ’n verskil is tussen differensiasie en diskriminasie.

Continue reading Dr HF Verwoerd op 12 Desember 1961: Die beleid van skeiding!

Referendum op 5 Oktober 1960

andriesbreytenbach02-350_01-224x300

Op 5 Oktober 1960 het die kiesers van Suid-Afrika met groot geesdrif en opgewondenheid na die stembus gegaan om in ‘n referendum te stem of S.A. ‘n republiek moes word of nie. Vir die Boere-Afrikanervolk was ‘n republiek die versinnebeelding van vryheid; die finale stap om vreemde heerskappy oor ons volk te beëindig. Hoe ondenkbaar was dit tóé dat dieselfde volk slegs 23 jaar later in ‘n referendum sou stem om sy alleenreg oor sy land met andervolkiges in ‘n driekamer-parlement te deel, en nog 9 jaar verder vrywillig sy vryheid sou prysgee toe aan F.W. de Klerk ‘n blanko tjek gegee is om sy bedrieglike “onderhandelinge” met die ANC voort te sit. Dit demonstreer hoe te veel vrede en voorspoed ‘n volk kan laat verpap en sy roepingsbewussyn laat verloor. Vandag voer ons opnuut ‘n stryd om aan die vreemde heerskappy te ontkom en die omstandighede is in vele opsigte moeiliker as in enige vorige stryd. Laat ons ten spyte daarvan moed skep en met dieselfde ywer en vertroue op God, waarin ons voorouers gestry het, weer die stryd om vryheid voer. Ons lot is nie in mensehande nie.

Continue reading Referendum op 5 Oktober 1960

Europa se trekarbeiders – dis net die begin

Peters_M2Mens moet soms terugstaan om na die geheel van die situasie in Europa te kyk. Die krisis wat die verskillende lande tans beleef met “vlugtelinge”, “migrante”, “immigrante” of hoe mens hulle ook wil noem, is nie van nou die dag daar nie. Die aanloop was reeds in die laat vyftigs en sestigs toe lande in Europa ekonomiese groei beleef het en besluit het om trekwerkers te werf, byvoorbeeld Turkse werkers wat in Duitsland “gastarbeiter” genoem is. Daar is toe gebruik gemaak van “werkpermitte” en “werkvisas” waarvan die funksie dieselfde as Suid-Afrika se pasboeke was. Dit het oor dekades ’n toestroming van arbeiders uit Oos-Europa, Indië, Afrika en die Midde-Ooste veroorsaak, aangesien die lone in Europa baie beter was en boonop nog gepaard gegaan het met sosiale, behuising- en mediese voordele wat luuks was in vergelyking met die lande waar hierdie trekwerkers vandaan gekom het. Lesers sal onthou dat mnr Enoch Powell in die sestiger en sewentigerjare deur die pers uitgekryt is as rassis en verkrampte denker toe hy gewaarsku het teen die gevare wat die immigrasiebeleid vir Brittanje ingehou het.

Continue reading Europa se trekarbeiders – dis net die begin