Verklaring deur die HNP rakende 22 Maart se terroriste-aanval in Londen

Mediaverklaring

Terroriste-aanval in Londen

Terroriste-aanvalle op onskuldige mense kan nie goedgepraat word nie. Daarom veroordeel die HNP ook die aanval in Londen.

Dit is egter noodsaaklik om die geskiedenis en gebeure in Suid-Afrika in herinnering te roep en die saak van terroristedade en-aanvalle in perspektief te stel.

Continue reading Verklaring deur die HNP rakende 22 Maart se terroriste-aanval in Londen

Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP, asook voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, rakende die afgelope week se debat in die parlement oor plaasmoorde

Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP en ook voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, rakende die afgelope week se debat in die parlement oor plaasmoorde

‘n NUWE KONSTITUSIONELE BEDELING

As enigiemand nog getwyfel het oor die ANC-regering se houding oor plaasaanvalle en die moorde op boere, het verlede week (14 Mrt) se debat in die parlement alle onsekerheid daaroor uit die weg geruim.

Die uitlatings van ANC-parlementslede dat nog meer boere doodgemaak en dat boere lewendig begrawe moet word, weerspieël die gesindheid wat in daardie geledere heers. As verteenwoordigers van die regerende party nie skroom om sulke verregaande dinge in die openbaar te sê nie, verg dit geen verbeelding om te raai wat hulle onder mekaar sê waar die openbare oor hulle nie hoor nie. Dié gesindheid verklaar die politieke onwil van die ANC-regering om daadkragtig op te tree ten einde hierdie aanvalle hok te slaan.

Continue reading Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP, asook voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, rakende die afgelope week se debat in die parlement oor plaasmoorde

Grondroof ‘n daad van oorlog

Andries Breytenbach

27 Februarie 2017.

Wanneer ‘n staat of volk ‘n ander volk se grondgebied vir homself toe-eien, lei  dit noodwendig tot oorlog. Sedert die vroegste tye was dit dié aanvaarde reg van volkere om hul gebiedsintegriteit teen sulke vergrype te verdedig, soos Brittanje byvoorbeeld in 1982 gedoen het toe Argentinië die Falkland-eilande beset het.

Eweneens is daar baie voorbeelde in die geskiedenis van derde partye wat ingetree het om die territoriale integriteit van kleiner volke te beskerm teen state en regerings wat hul meerdere mag misbruik het om ander te beroof.  ‘n Onlangse  voorbeeld is die VSA-geleide Golf-oorlog van 1990-1991 teen Irak toe laasgenoemde Kuweit geannekseer het.
Die Boere-Afrikanervolk het die grondgebied wat hy besit, regmatig verkry. Die feite hieroor is al verskeie kere nagevors in die goed gedokumenteerde geskiedenis van landbesetting en grondbesit in Suid-Afrika, en kan maklik nagegaan word.

Desnieteenstaande  het die ANC herhaaldelik beweer dat die grond wat ons besit, van die swartmense gesteel is. (In hierdie verband is ‘n klag van haatspraak op 21 Januarie 2016 teen die president van Suid-Afrika by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gelê, nadat hy dit in die openbaar gesê het. Die president is uitgedaag om sy bewering te bewys en te verklaar waarom hy die opgetekende geskiedenis van landbesetting ignoreer of verwerp. Die Kommissie het egter die klag in die sand laat verloop en seker gemaak dat daar tot op hede niks van gekom het nie).

Die ANC se reaksie op die uitdaging om sy ongegronde leuen te bewys, was onder andere ‘n verklaring op 13 Februarie 2017 deur die Adjunkminister van Staatsdiens en Administrasie, me. Ayanda Dlodlo, dat “The ANC should use its majority in the ­government to push for the expropriation of land without compensation, because it was ‘stolen in the first place’”.

“The burden of land ownership should never be ours. Those who today claim ownership must prove that land was actually paid for in the 17th and 18th centuries,” het sy gesê.
Dié denkbeeld is deur historikus prof.  Jabulani Maphalala herhaal toe hy gesê het dat “blacks had been dispossessed of their land since as far back as the arrival of whites in the country.”

Die benadering is blykbaar dat as ’n leuen net lank en dikwels genoeg herhaal word, word dit ‘n aanvaarde “feit” wat nie bewys hoef te word nie.

Ons verklaar:

Continue reading Grondroof ‘n daad van oorlog

ZUMA SE VOLKSMOORD-OPDRAG WORD UITGEVOER

Andries Breytenbach – HNP Leier en voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad

1.    GESAMENTLIKE MEDIA-VERKLARING DEUR:

1.1 DIE BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD

1.2 DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB)

1.3 DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY (HNP) EN

1.4 DIE VERKENNERSBEWEGING VAN SUID-AFRIKA

1.5 DIE VOLKSRAAD VERKIESING KOMMISSIE (VVK)

In die eerste 14 dae van Februarie 2017 is 11 Boere-Afrikaner mans, vroue en bejaardes op plase grusaam vermoor – afgesien van verdere bloedvergieting wat in dorpe en stede veral teen ons weerloses, insluitende gestremdes, gepleeg is. Dit beteken ‘n merkbare toename teenoor vroeëre statistiek.

Natuurlik skitter die Regering van Jacob Zuma in sy afwesigheid met enige reaksie; as ‘n stilswyende goedkeuring dat ons mense erger as diere afgemaai word. Zuma homself het immers al die kreet aangehef: “We are going to shoot them…they are going to run…You are a Boer…Shoot the Boer…the Cabinet will shoot them…”. Zuma se onderdane is besig om sy voornemens uit te voer. Hierdie is nie bloot “misdaad” nie. Daar word ‘n eenrigting-oorlog teen ons gevoer.

Die Boere-Afrikaner Volksraad het reeds ons onwrikbare eis vir onafhanklikheid in ‘n eie vaderland direk aan die Regering gekommunikeer. Die internasionale gemeenskap het tyd tot 31 Mei 2017 om in die dispuut te bemiddel. Gebeur dit nie, sal ons mense tot dringende volksvergaderings opgeroep word om oor die pad vorentoe te besluit. Intussen moet volksgenote dringend registreer by die VVK as kieser om daardie volksdemokratiese besluit te help neem, en toetree tot die geledere van volksorganisasies soos die AWB, HNP en die Verkennersbeweging. Ons toekoms sal bepaal word in 2017!        

Geteken: Andries Breytenbach (Voorsitter, Boere-Afrikaner Volksraad en Leier van die HNP).

Steyn van Rönge (Leier: AWB).

Alwyn de Klerk (President: Verkennersbeweging van SA)

17 Februarie 2017

HNP se verklaring oor Zuma se staatsrede

Louis van der Schyff

Mediaverklaring:

Zuma se staatsrede trek ’n finale streep deur die sogenaamde reënboog-nasie.

Die gebeure in die parlement gisteraand (9 Februarie) het weer getoon dat die Afrikaner nie tuishoort in hierdie staat van derde wêreldse regering nie.

Continue reading HNP se verklaring oor Zuma se staatsrede

Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP na aanleiding van FW de Klerk se toespraak

Meneer De Klerk,

Nou toe nou! Jy wat met groot bravade beduie het hoe jy Suid-Afrika onomkeerbaar gaan verander, skrik nou vir jou eie mismaaksel, noudat jy die gevolge daarvan sien en agterkom dat jou eie politieke heksebrousel  onomkeerbaar is.

Continue reading Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP na aanleiding van FW de Klerk se toespraak

Die Gelofte, en Wie is ons?

16 Desember is Geloftedag. Op 16 Desember vanjaar sal hierdie dag weer landwyd (en ook op plekke buite ons landsgrense) deur Afrikaners gevier word. 16 Desember is die belangrikste dag op die Afrikanervolk se jaarprogram.

Ek het deur ‘n paar belangrike dokumente van die verlede gaan blaai. Een wat ‘n mens maar gereeld kan lees, is die toespraak van wyle mnr Jaap Marais op 9 Desember 1988 in die Amfiteater van die Voortrekkermonument.

Met Geloftedag vanjaar net ‘n paar dae ver, is dit dalk goed om weer te lees wat mnr Jaap Marais oor die Gelofte en Geloftedag gesê het. In die tyd waarin die Afrikanervolk hom tans bevind, is dit ook nodig om weer ‘n slag te besin en te vra: Wie is ons?

Ons publiseer graag die toespraak van 9 Desember 1988 op hierdie blad.

Louis van der Schyff

8 Desember 2016

Mnr Marais het gesê:

Die hoofklem by die herdenking van die Groot Trek val op die Gelofte van 9 Desember 1838. Die militêre oorwinning wat ‘n week later daaruit voortgevloei het, was van die grootste belang in die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Maar hoe die militêre oorwinning by Bloedrivier ook al geroem kan word, dit staan naas militêre prestasies soos Vegkop en Mosega — veldslae wat nie minder as Bloedrivier was nie. Sommige militêre kenners stel Potgieter se Negedae-oorlog teen Mzilikatsi selfs hoër as Bloedrivier.

Wat Bloedrivier onderskei van al die krygsdade van die Groot Trek, is die Gelofte wat die slag van Bloedrivier voorafgegaan het. Die Gelofte het Bloedrivier verhef tot ‘n kader waar dit enkel en alleen staan en die Afrikanervolk se geskiedenis bestraal. Die wordende volkskap van die Trekkers het net soos die Zoeloe-imperialisme ‘n geleidelike verdigting ondergaan, totdat elkeen saamgebal was vir die krisismoment van gewelddadige botsing.

Die verheffing van die slag van Bloedrivier bo ander veldslae kan beredeneer word, maar die geskiedenis het klaar sy oordeel daaroor gevel. Die onnaspeurlike magte wat in ‘n volk werk, het hulle stempel afgedruk op die Gelofte en Bloedrivier as die sentrale gebeurtenis van die Groot Trek. Solank die Afrikanervolk trou aan sy herkoms is, sal hy weet wat hy aan die Gelofte verskuldig is. Solank die Afrikanervolk bereid is tot die uitdaging van Afrika, sal hy krag put uit dié verbond met God.

Continue reading Die Gelofte, en Wie is ons?

Politiek en rugby: Die volle kringloop

Politiek en rugby: Die volle kringloop

Die laagtepunt waarin Springbokrugby die afgelope naweek beland het, is die logiese gevolg van die politieke ineenstorting wat in Suid-Afrika plaasgevind het na die moord op dr HF Verwoerd en sy beleid vyftig jaar gelede in 1966. Toe was Suid-Afrika ’n toonbeeld van sukses. Daar was vrede, stabiliteit en vooruitgang. Suid-Afrika het getel onder die top tien lande op ekonomiese gebied. Daar was geen keer aan die ekonomiese groei en vooruitgang nie. Suid-Afrika was ook die onbetwiste kampioen op die rugbyveld. Nou is dit alles vernietig. Die vernietigingswiel het volledig gedraai.

Sport was gebruik om die Nasionale Party van mnr John Vorster en sy opvolgers tot oorgawe te dwing. Dit was mnr John Vorster wat die beleid van afsonderlike sport verander het en veelrassige sport toegelaat het. Twee Maori’s in ’n All Black-span in 1970 was die begin van die toestand wat ons vandag in Suid-Afrika het. Suid-Afrika is onder ‘n Kommunistiese bewind, korrupsie is aan die orde van die dag en daaglikse onluste is niks vreemds nie. Die Witman word onderdruk in sy vaderland en die land is ekonomies bankrot.

Terwyl al hierdie negatiewe resultate oor die Afrikaner en die Witman gespoel het, het hulle nog vasgehou aan die ontvlugting van sukses op die rugby- en krieketveld. Op 8 Oktober het hierdie laaste toevlug ook geval. Sport was gebruik om ‘n suksesvolle Suid-Afrika polities te vernietig. Daardie vernietigende politiek het nou ook die Witman se sport (rugby) vernietig.

Dit is tragies, maar waar. Die HNP het destyds betyds gewaarsku. Ons was reg! Na alles wat ons gesien en beleef het, is daar net een uitkoms vir die Afrikanervolk. Ons wil vry wees in ons eie vaderland waar ons met trots oor onsself kan regeer en weer kan opbou wat ons gehad het. Dan sal ons weer ekonomies sterk kan staan, militêr ’n mag wees en onsself ook op die sportveld kan handhaaf.  (Kyk ook www.hnp.org.za)

Louis van der SchyffNamens die HNP se Beplanningskomitee

12 Oktober 2016

 

Dr HF Verwoerd op 12 Desember 1961: Die beleid van skeiding!

hf-verwoerd-3

Wanneer daar vandag oor die lewe van dr HF Verwoerd gepraat word, word sy naam deurentyd verbind aan die beleid van apartheid, of afsonderlike ontwikkeling. In die mees neerhalende terme word dié beleid dan veroordeel sonder dat dit enigsins in besonderhede verduidelik of bespreek word. Die persepsie word geskep dat die beleid van skeiding ’n bose en verwerplike beleid was. In hierdie uiteensetting deur dr Verwoerd self, word in die eenvoudigste taal verduidelik wat die motivering vir die beleid was en hoe dit toegepas sou word. Lesers kan self oordeel nadat hulle hierdie uiteensetting gelees het. Dit kom uit ’n toespraak wat dr Verwoerd voor die Raad vir Kleurlingsake in Kaapstad gehou het op 12 Desember 1961. Die beleid word eenvoudig en verstaanbaar oorgedra – in die lig van agitasie destyds dat die Kleurlinge met die Blankes sou moes integreer, ’n aandrang wat veral deur die redakteur van Die Burger bevorder is.

In die volgende toespraak motiveer dr HF Verwoerd die skeidingsbeleid op meesterlike wyse by geleentheid van ’n vergadering van die Raad vir Kleurlingsake op 12 Desember 1961. Die toespraak is gelewer te midde van oproepe tot integrasie met die Kleurlinge en die verwydering van sekere apartheidsmaatreëls. Dr Verwoerd is aan die woord:

Ek is baie bly oor die geleentheid om met hierdie Raad te kan kom saampraat oor die toekoms van die Kleurling-gemeenskap. Ek wil ook graag die Raad bedank vir sy samewerking tot dusver. Dit is nie maklik vir enige raad om binne ’n jaar of twee aansien te kry nie, veral nie as die begin, soos noodwendig die geval moet wees, onvolmaak is nie. Dié Raad moes baanbrekerswerk doen en doen dit nog. Dit het ’n nuwe tydvak ingelei… Die probleme t.o.v. rasseverhoudings in Suid-Afrika kan nie sonder welwillendheid aangepak word nie. Ons benader hulle in dié gesindheid. Ons moet eerlik teenoor onsself wees en die feite nugter sien, dan alleen sal ons die probleme kan oorwin. Vriendskap kan beste bestaan waar daar die gesindheid van goeie buurskap is. Op dié wyse is daar geen rede waarom mense nie naby mekaar kan lewe nie wat in verskeie opsigte van mekaar verskil. Dit hang net af hoe die verskille benader word. Dit is ook nodig dat begryp word dat daar ’n verskil is tussen differensiasie en diskriminasie.

Continue reading Dr HF Verwoerd op 12 Desember 1961: Die beleid van skeiding!

Referendum op 5 Oktober 1960

andriesbreytenbach02-350_01-224x300

Op 5 Oktober 1960 het die kiesers van Suid-Afrika met groot geesdrif en opgewondenheid na die stembus gegaan om in ‘n referendum te stem of S.A. ‘n republiek moes word of nie. Vir die Boere-Afrikanervolk was ‘n republiek die versinnebeelding van vryheid; die finale stap om vreemde heerskappy oor ons volk te beëindig. Hoe ondenkbaar was dit tóé dat dieselfde volk slegs 23 jaar later in ‘n referendum sou stem om sy alleenreg oor sy land met andervolkiges in ‘n driekamer-parlement te deel, en nog 9 jaar verder vrywillig sy vryheid sou prysgee toe aan F.W. de Klerk ‘n blanko tjek gegee is om sy bedrieglike “onderhandelinge” met die ANC voort te sit. Dit demonstreer hoe te veel vrede en voorspoed ‘n volk kan laat verpap en sy roepingsbewussyn laat verloor. Vandag voer ons opnuut ‘n stryd om aan die vreemde heerskappy te ontkom en die omstandighede is in vele opsigte moeiliker as in enige vorige stryd. Laat ons ten spyte daarvan moed skep en met dieselfde ywer en vertroue op God, waarin ons voorouers gestry het, weer die stryd om vryheid voer. Ons lot is nie in mensehande nie.

Continue reading Referendum op 5 Oktober 1960

Die fundamentele probleem van S.A. is die 1994 staatkundige bedeling

Geagte Bittereinder,AndriesBreytenbach02-350_01

22 jaar ná die oorgawe van 1994, waar die Afrikaner deur bedrog en verraad sy politieke vryheid verloor het, het die pas afgelope munisipale verkiesing plaasge­vind. Van die gees van nasionalisme wat ons volk vroeër gevul het, was niks te be­speur nie; inteendeel, mens kry die indruk dat baie volksgenote verheug is dat die Demokratiese Alliansie (DA), vir wie hulle gestem het, vordering getoon het — die DA, wat niks anders is as ‘n reïnkarnasie van die ou Afrikanervyandige Progres­siewe party van Helen Suzman en Harry Oppenheimer nie. Tog verbasend dat mense se koppe so gedraai kan word! jaar ná die vrede van Vereeniging, waar die Boerevolk hul staatkundige onaf­hank­lik­heid moes prysgee, het nasio­na­lisme andermaal geseëvier toe genl. Hertzog die verkiesing van 1924 gewen, en die Boer polities weer baas in sy eie land ge­word het. Dit was dié groeiende nasio­na­lisme wat mettertyd so sterk geword het dat Suid-Afrika in 1961 ‘n vrye republiek buite die Britse Statebond kon word.

Continue reading Die fundamentele probleem van S.A. is die 1994 staatkundige bedeling