Opwindende tye: Kommentaar in Die Afikaner

As daar nou een feit soos ‘n koei is, is dat Suid-Afrika beslis opwindende tye beleef. Wat egter net so seker is, is dat baie van die opwinding maar eerder kon gebly het. Maar die derde feit daaromheen, is dat van die opwinding ook geleenthede skep.

Die politieke landskap is sedert die begin van die jaar inderdaad interessant, alhoewel dit daagliks al hoe meer onstuimig word.

In die vorige uitgawe het ons al gepraat van die rewolusie wat aan die gang is. Dit is egter duidelik dat dit selfs hewiger is as wat ons aanvanklik verwag het.

Radikale transformasie het die kodewoord geword nadat radikale ekonomiese transformasie die sneller getrek het. Wat daar met al die radikale transformasies bedoel word, is glashelder: Blankes moet ontneem word wat hulle ook al mag he, en hulle moet liefs oral verwyder word of totaal magteloos gemaak word.

Waar daar in die verlede nog redelik omsigtig met woorde omgegaan is, is die aanslag nou blatant rassisties, en ANC-ampsdraers ding mee om mekaar te oortref in ongebreidelde haat teen die Blanke, terwyl die eerste openlike dreigemente teen die Blankes ook reeds geuiter is.

Dit wat tans uit ANC-kringe kom, laat selfs ‘n Julius Malema na ‘n soet kleuterskoolseuntjie lyk.

Intussen durf ‘n Blanke nie meer sy of haar mond oopmaak nie. Daarvan kan die superlinkse Helen Zille getuig. Al haar gedansery met die swart massas om stemme te werf, en al haar soene om te wys hoe lief sy vir die swart nasie is, was niks werd nie en vergete toe sy dit durf waag om te insinueer dat onder ‘n voormalige blanke bewind daar iets sinvols tot stand gekom het, al was dit dan net die infrastruktuur van paaie, mediese sorg en ‘n regstelsel. Net daardie veraf verwysing na blanke sukses, kan haar haar politieke loopbaan kos, want in wese is dit ’n erkenning dat die swart regering van die afgelope twee dekades ’n gemors maak, en die skoen druk hulle!

Die Zille-episode het natuurlik die een voordeel en dit is dat die DA onder sy swart leiertjie nou sy ware swart kleure wys. Dit word nou duidelik dat wit stemme voorlopig nog welkom is, solank hulle eintlik maar stilbly.

Die EFF is tot ’n groot mate identiteitloos as gevolg van die skielike radikalisering van die ANC. Aan die een kant wil Malema die groot revolusioner wees, en aan die ander kant is hy in bondgenootskappe met die DA, waarvan die leier met ’n blanke vrou getroud Bespiegelinge dat Malema al in die geheim met ANC-leiers in gesprek was, verbaas nie. Trouens, die vermoede is al uitgespreek dat Malema se party juis deur die ANC geskep is sodat dit die ANC die kans kan gee om meer radikaal te word. Die EFF het dit sedert sy stigting reggekry om die hele parlementere politieke spektrum na links te trek.

As dit gese is, kan die vraag gevra word wat dan nou so positief kan wees as die politieke toneel verradikaliseer teen die Blanke?

Ten minste weet die Blanke nou dat hy van die stelsel niks moet verwag nie. Enige toegeeflikheid teenoor die ANC of die regering word as blote swakheid gesien. Mnr. Jaap Marais het altyd die vergelyking met die wig en die deur getref: sodra die dun punt van die wig die deur effens oopmaak, sal hy nie ophou voor die deur heeltemal oop is nie. Die ANC en hulle kommunistiese mentors is meesters daarin.

Hulle het daardie tegniek gevolg met De Klerk en kie by Kodesa, en hulle volg steeds dieselfde taktiek.

Daarom is dit uiters gevaarlik om enige ooreenkoms met hulle aan te gaan, want dit is nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. Die ANC gaan nie ophou voor hy al die grond van die boere gevat het nie. Die 30% grond in swart hande is net ’n tussentydse doelwit. Hulle gaan nie tevrede wees met 50% swart aandeelhouding in besighede nie. Dit is net ’n tussentydse doelwit. Om dus nou te dink om hulle te help om daardie doelwitte te help bereik, is bloot uitgestelde selfmoord.

Dit is egter in hierdie tye uiters gevaarlik om na strooihalms te gryp. Die optogte teen Zuma is ’n voorbeeld daarvan. In ’n tyd dat die land oorloop van rassespanning, het die liberale media uit hulle pad gegaan om aan te toon hoe goed die optogte gewerk het, waar Wit, Bruin en Swart saam deelgeneem het en waar rasseharmonie dan nou skielik herstel

  1. Die optogte het gegaan teen die persoon van Zuma, nie teen sy ideologie en beginsels nie. Sodra hy weg is, sal die EFF, wat nou saam met die Blankes geloop het, net so vinnig omdraai en sy anti-blanke sentimente laat blyk met bewerings dat ons grond gesteel het en dat ons uit die ekonomie verwyder moet word.

Die ander strooihalm wat mense maar kan los, is die gewaande verdeeldheid in die ANC. Niemand het bedank na Zuma se kabinetskommeling nie, behalwe die wat deur hom afgedank is. Zuma staan sterk. Ons moenie dat ons westerse denke ons dinge laat sien wat nie bestaan nie. Afrika dink anders, soos blyk uit prof. Andre Duvenhage se voorlegging onlangs by TLU SA, waaroor ons in hierdie uitgawe berig.

Die positiewe waaraan ons moet vasklou, is ons identiteit en ons geskiedenis. Daarom dat ons in hierdie uitgawe ook goeie aandag gee aan die herdenking van die Slag van Majuba, waar volksgenote jaarliks in groot getalle bymekaarkom, en mekaar versterk en bemoedig. Waar kinders hulleself geniet en waar die volgende geslag al hulle kinders heen bring om moed uit die geskiedenis te put. Want een ding van die geskiedenis is waar: hy herhaal homself: helaas die slegte, maar gelukkig ook die goeie.

Vryemark stabiliteit teenoor korrektiewe sosialisme

Die Handves van Regte beskik oor ʼn omvattende pakket van burgerlike en politeke regte en vryhede soos die reg op gelykheid voor die reg en die reg teen onbillike diskriminasie deur die staat (artikel 9(1) en (3)); menswaardigheid (artikel 10), (sien egter die opmerking oor die reg op waardigheid in die paragraaf onmiddellik hier onder), basiese vryhede vir elkeen met inbegrip van die reg op persoonlike vryheid en sekuriteit (artikel 12); Vryheid van slawerny, knegskap en dwangarbeid (artikel 13), die reg op privaatheid (artikel 14); godsdiens- en meningsvryheid (artikel 15); vryheid van uitdrukking (artikel 16); vryheid om te vergader (artikel 17); vryheid van assosiasie (artikel 18); bewegings- en verblyfvryheid (artikel 21); die beskerming van eiendomsreg (artikel 25) en vryheid van bedryf, beroep en professie (artikel 22); die regte van gearresteerdes, aangehoudenes en beskuldigdes (artikel 35).

Hieruit is dit duidelik dat die Handves ʼn omvattende lys van eerste-generasie regte bevat en sodoende juridiese uitdrukking aan die idee van individuele vryheid gee. Die Staat moet ooreenkomstig hierdie regte natuurlik ʼn gunstige situasie skep om die realisering van al die regte moontlik te maak.

Ooreenkomstig hierdie regte sal dit gewoonlik nie vir die Staat nodig wees om ʼn langtermyn beleidsprogram te loods ten einde die bestaande maatskaplike toestande te verander nie.

Teenoor die vryemarkstroming in die Handves van Regte is daar egter ‘n ander stel bepalings wat uitdrukking gee aan die teenoorgestelde, waarna hier as korrektiewe sosialisme verwys word. By sosialistiese opvattings word in hierdie konteks bedoel opvattings wat omvattende inmenging in die gang van die vryemark voorstaan om in die naam van ʼn kollektiewe agent soos die staat, die nasie, die massa of iets dergeliks die ekonomie ingrypend te transformeer en in die proses ekonomiese bates te herverdeel. Bates moet hiervolgens van die “bevoorregtes” weggeneem en aan “minderbevoorregtes” of eertydse benadeeldes oorgedra word met die oog op die verbetering van die maatskaplike toestande van laasgenoemde.

In die Suid-Afrikaanse konteks word hierdie stroming nie as die een of ander vorm van sosialisme uitgedruk nie, maar eerder as vorme van regstelling en herverdeling wat deur eertydse ongeregtigheid genoodsaak word en as deel van ‘n projek van transformatiewe konstitusionalisme, waarna hierbo verwys is, beskou word.

Nogtans kan die sosialistiese aard van hierdie regsmaatreëls nie ontken word nie. Die opvallendste bepalings van hierdie aard in die Suid-Afrikaanse Grondwet is ar􀆟kels 26 en 27 wat vir tweedegenerasie sosio-ekonomiese regte voorsiening maak naamlik elkeen se reg op toegang tot geskikte behuising (artikel 26) en die reg op gesondheidsorgdienste; voldoende voedsel en water; en maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien persone nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.

Dit is natuurlik nie vir die ledig aan al hierdie behoeftes te voldoen nie. Gevolglik bepaal subartikel (2) van albei hierdie artikels in gelykluidende terme dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls moet tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.

Die korrektief sosialistiese stroming in die Handves van Regte strek egter verder as artikel 26 en 27. Die reg op gelykheid bied verdere onderskrywing van (korrektief) sosialistiese sentimente en doelwitte. Ofskoon die reg op gelykheid soos aangedui (ook) ʼn vryemark-opvalling weerspieël (gelykheid voor die reg in artikel 9(1) en die reg teen onbillike diskriminasie deur die staat (ar􀆟kel 9(3)), gee dit terselfdertyd uitdrukking aan ʼn verbintenis tot korrektief-sosialistiese oogmerke soos blyk uit ten minste die volgende vier verdere – en teenoorgestelde aspekte – van die reg op gelykheid naamlik: die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg (artikel 9(1)); dat die reg op gelykheid ook die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede insluit (ar􀆟kel 9(2)); die regstellende-aksie-bepaling naamlik dat juis ten einde gelykheid te bewerkstellig die staat “regstellende optrede” moet loods, dit wil sê, daadwerklike stappe om eertydse onbillike diskriminasie uit die weg te ruim ten einde juis, soos gesê, die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede te bewerkstellig.

Volledige artikel in Die Afrikaner

Vooruitsigte op kredietafgradering

Suid-Afrika se ekonomie was die afgelope paar maande bedreig met ʼn krediet afgradering wat teen die einde van 2016 sou plaasvind. Dit het gelukkig nie gebeur nie en die ekonomie het dit net-net vrygespring.

Die huidige minister van finansies van die ANC-bewind, Pravin Gordhan, het ʼn sleutelrol gespeel in die reddingspoging. Die vraag kan gevra word of die ontsnapping slegs tydelik is?

Voordat daar na die land se ekonomiese toestand gekyk word, is dit belangrik om die voordeel van ʼn goeie kredietgradering uit te wys en daar is veral twee belangrike redes.

Eerstens moedig ʼn goeie kredietgradering buitelandse beleggings aan wat belangrik is vir die land se ekonomiese groei, want ʼn goeie kredietgradering skep beleggingsvertroue.

Die tweede rede is dat geld wat geleen word, goedkoper is, net soos wat ʼn bank die finansiering van ʼn lener wat ʼn hoë risiko inhou met ʼn hoër rentekoers sal belas.

Die vraag kan nou gevra word: “Hoe lyk die land se ekonomiese vooruitsigte en kan ʼn afwaartse kredietgradering deur die internasionale kredietagentskappe verwag word?”.

Om die vraag te kan beantwoord, moet daar na die afgelope jare, asook na die vooruitsigte gekyk word. Hou in gedagte dat ʼn land se ekonomiese tendens belangrik is omdat ʼn land se ekonomie stadig van rigting verander weens die omvang daarvan. In die bespreking sal daar gekyk word na die ekonomiese groeikoers, die betalingsbalans wat die internasionale handelsurplus en -tekort aandui, vreemde valuta met handelreserwes wat gehou word, die bruto buitelandse produk wat die land se produksie-uitset aandui en die invloei van buitelandse beleggings wat die vertroue van buitelanders aandui om in die land te belê en wat nodig is om internasionale handelstekorte, binnelandse investering en ekonomiese groei te ondersteun.

Ekonomiese groeikoers
Die jaarlikse ekonomiese groeikoers was sedert 2014 soos volg:

Januarie 2014 2.9%     Januarie 2015 1.5%      Januarie 2016 0.5%     Januarie 2017 0.5%?

Ten einde die land se groeiende bevolking van werk te voorsien en werkloosheid, wat tans op meer as 27% staan, te verlig, is ʼn konstante groeikoers van minstens 4% per jaar noodsaaklik. Die ekonomie is dus al vir jare besig om onder te presteer met die afgelope twee jaar die swakste.

Die belangrikheid van die Gelofte vir 2017 se diefstal-jaar

As gekyk word na wat reeds in die eerste maand van die nuwe jaar gebeur het, en waarmee gedreig word, is dit duidelik dat die Afrikaner weer sal gaan moet put uit sy geskiedenis, waarin die Goddelike ingryping tydens die slag van Bloedrivier ‘n hoogtepunt is.

Die Afrikaner moet nie gaan spog met daardie gebeurenie, alhoewel hy dit in die gees van die Gelofte met nederigheid moet bly herdenk. Maar die Afrikaner sal in die steeds moeiliker wordende tye weer meer tot die besef moet kom dat sonder die hulp en uiteindelike ingryping van ons Hemelse Vader, daar dalk werklik geen toekoms meer sal wees nie.

Geloftedag herinner ons jaarliks daaraan dat ons ‘n Hemelse Vader het, wat die volk wat hy hier laat ontstaan en in stand gehou het, nie in die steek sal laat nie. Die Britse Empaaier kon nie die Afrikaner vernietig nie, die griep van 1918, die depressie of verraaiers en oorgeërs kon dit nie regkry nie. So sal ook die helmagte van die ANC dit nie regkry nie, omdat die Afrikaner nog altyd sy skuiling en sy redding by sy Skepper gaan soek het.

Dit is dan die verskil tussen ons en die ANC: ons soek werklik ons heil by God, terwyl Jacob Zuma net kerkbesoek doen as hy stemme wil werf, en net Christus by sy argument betrek as hy dit wil gebruik om die stigting van die ANC godslasterlik daarmee te vergelyk.

Ons het daardie Krag nodig vir die nabye toekoms, want dit is duidelik dat die ANC die jaar 2017 wil gebruik om alles wat die Afrikaner opgebou het, flagrant en brutaal te steel.

Die ANC se staatshoof, Jacob Zuma, het dit ondubbelsinnig uitgespel dat hy hierdie jaar grondonteienings wil toepas. Dus, hy wil blanke grond steel om dit te oorhandig aan mense wat tot dusver bewys het dat hulle geen wil of vermoë het om iets sinvols daarmee te doen nie.

By dieselfde geleentheid tydens die ANC se verjaardagviering, het hy gesê dat die ekonomiese transformasie versnel moet word sodat Swartes meer in die ekonomie betrokke kan raak, sodat hulle ook op bestuursvlak meer prominent sal wees. Dus wil hy blanke ekonomiese bates, waarvoor oor jare, dekades en selfs eeue hard gewerk is, steel om dit te gee aan mense wat nog geen wil of vermoë geopenbaar het om sinvol daar betrokke te raak nie.

Die ANC se jeugliga-voormannetjie het geëis dat Zuma se opvolger as leier van die ANC die volgende fase van die rewolusie moet lei.

Die vraag kan dus met reg gevra word: watter deel van die rewolusie is nog nie voltooi nie?

Die kulturele rewolusie is reeds in volle gang vanaf 1994: Afrikaans se status is verlaag; Afrikaanse universiteite en skole is deur middel van die misleidende dubbelmedium-aansprake onder ons uit gekaap; plek- en straatname is verander; sommige beelde is verwyder en museums met ons geskiedenis bestaan nie meer nie; ander monumente en beelde word gevandaliseer met eise dat dit verwyder of vernietig moet word.

Die grondrewolusie is volstoom aan die gang, met grondeise wat al van 1994 ons eiendomsreg bedreig, en ‘n nuwe wet wat diefstal van ons grond gaan wettig.

Die ekonomiese rewolusie is aan die gang met euwels soos “affirmative action” wat ons werksgeleenthede van ons steel, swart bevoordeling onder die mooiklinkende “swart ekonomiese bemagtiging” wat geleidelik ons aandeelhouerskap van ons eie ondernemings onder ons uit steel, en eise en beloftes dat hierdie rewolusie van diefstal versnel gaan word.

Die fisiese rewolusie is al aan die gang, met plaasmoorde en moorde op Blankes in stedelike gebiede wat al alledaags geword het sedert FW de Klerk die ANC en sy kommunistiese maatjies ontban het en terroriste op ons strate vrygelaat het, en ons mense se reg om te lewe, word daagliks gesteel deur die wreedste denkende moorde.

Ons reg om ons mening te lug, staan op die punt om van ons gesteel te word deur wetgewing wat enige vorm van kritiek sal klassifiseer as haatspraak, diskriminasie of rassisme, en waarvoor ons vryheid dan van ons gesteel gaan word deur stewige tronkstrawwe vir diegene wat dit sou waag om hulle mond oop te maak.

Volledige kommentaar in Die Afrikaner

Grondroof ‘n daad van oorlog

Andries Breytenbach

27 Februarie 2017.

Wanneer ‘n staat of volk ‘n ander volk se grondgebied vir homself toe-eien, lei  dit noodwendig tot oorlog. Sedert die vroegste tye was dit dié aanvaarde reg van volkere om hul gebiedsintegriteit teen sulke vergrype te verdedig, soos Brittanje byvoorbeeld in 1982 gedoen het toe Argentinië die Falkland-eilande beset het.

Eweneens is daar baie voorbeelde in die geskiedenis van derde partye wat ingetree het om die territoriale integriteit van kleiner volke te beskerm teen state en regerings wat hul meerdere mag misbruik het om ander te beroof.  ‘n Onlangse  voorbeeld is die VSA-geleide Golf-oorlog van 1990-1991 teen Irak toe laasgenoemde Kuweit geannekseer het.
Die Boere-Afrikanervolk het die grondgebied wat hy besit, regmatig verkry. Die feite hieroor is al verskeie kere nagevors in die goed gedokumenteerde geskiedenis van landbesetting en grondbesit in Suid-Afrika, en kan maklik nagegaan word.

Desnieteenstaande  het die ANC herhaaldelik beweer dat die grond wat ons besit, van die swartmense gesteel is. (In hierdie verband is ‘n klag van haatspraak op 21 Januarie 2016 teen die president van Suid-Afrika by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gelê, nadat hy dit in die openbaar gesê het. Die president is uitgedaag om sy bewering te bewys en te verklaar waarom hy die opgetekende geskiedenis van landbesetting ignoreer of verwerp. Die Kommissie het egter die klag in die sand laat verloop en seker gemaak dat daar tot op hede niks van gekom het nie).

Die ANC se reaksie op die uitdaging om sy ongegronde leuen te bewys, was onder andere ‘n verklaring op 13 Februarie 2017 deur die Adjunkminister van Staatsdiens en Administrasie, me. Ayanda Dlodlo, dat “The ANC should use its majority in the ­government to push for the expropriation of land without compensation, because it was ‘stolen in the first place’”.

“The burden of land ownership should never be ours. Those who today claim ownership must prove that land was actually paid for in the 17th and 18th centuries,” het sy gesê.
Dié denkbeeld is deur historikus prof.  Jabulani Maphalala herhaal toe hy gesê het dat “blacks had been dispossessed of their land since as far back as the arrival of whites in the country.”

Die benadering is blykbaar dat as ’n leuen net lank en dikwels genoeg herhaal word, word dit ‘n aanvaarde “feit” wat nie bewys hoef te word nie.

Ons verklaar:

Continue reading Grondroof ‘n daad van oorlog

ZUMA SE VOLKSMOORD-OPDRAG WORD UITGEVOER

Andries Breytenbach – HNP Leier en voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad

1.    GESAMENTLIKE MEDIA-VERKLARING DEUR:

1.1 DIE BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD

1.2 DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB)

1.3 DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY (HNP) EN

1.4 DIE VERKENNERSBEWEGING VAN SUID-AFRIKA

1.5 DIE VOLKSRAAD VERKIESING KOMMISSIE (VVK)

In die eerste 14 dae van Februarie 2017 is 11 Boere-Afrikaner mans, vroue en bejaardes op plase grusaam vermoor – afgesien van verdere bloedvergieting wat in dorpe en stede veral teen ons weerloses, insluitende gestremdes, gepleeg is. Dit beteken ‘n merkbare toename teenoor vroeëre statistiek.

Natuurlik skitter die Regering van Jacob Zuma in sy afwesigheid met enige reaksie; as ‘n stilswyende goedkeuring dat ons mense erger as diere afgemaai word. Zuma homself het immers al die kreet aangehef: “We are going to shoot them…they are going to run…You are a Boer…Shoot the Boer…the Cabinet will shoot them…”. Zuma se onderdane is besig om sy voornemens uit te voer. Hierdie is nie bloot “misdaad” nie. Daar word ‘n eenrigting-oorlog teen ons gevoer.

Die Boere-Afrikaner Volksraad het reeds ons onwrikbare eis vir onafhanklikheid in ‘n eie vaderland direk aan die Regering gekommunikeer. Die internasionale gemeenskap het tyd tot 31 Mei 2017 om in die dispuut te bemiddel. Gebeur dit nie, sal ons mense tot dringende volksvergaderings opgeroep word om oor die pad vorentoe te besluit. Intussen moet volksgenote dringend registreer by die VVK as kieser om daardie volksdemokratiese besluit te help neem, en toetree tot die geledere van volksorganisasies soos die AWB, HNP en die Verkennersbeweging. Ons toekoms sal bepaal word in 2017!        

Geteken: Andries Breytenbach (Voorsitter, Boere-Afrikaner Volksraad en Leier van die HNP).

Steyn van Rönge (Leier: AWB).

Alwyn de Klerk (President: Verkennersbeweging van SA)

17 Februarie 2017

Is die Protes oor? Hervorming 500

Groot verwagtinge
Soos die 500 jaar herdenking van die Protestantse Hervorming (31ste Oktober 2017) nader, poog Pous Franciscus van die Rooms-Katolieke Kerk om alle Christelike kerke te verenig. Die pous beweer dat ‘die protes oor is’ en dit het ‘n leser van Protestantse Reveille, Lenore Faddell van Kaapstad, aangespoor om te vra: “Wat sê Protestante hiervan? Stem hulle saam?” Lenore verwys ook na die gemeenskaplike verklaring oor die regverdigingsleer wat deur die Vatikaan en die Lutherse Wêreldfederasie geteken was op 31 Oktober 1999, lank voor Franciscus se verkiesing in Maart 2013, wat Pous Benedictus XVI se bedanking op 28 Februarie 2013 gevolg het. Wat betekenisvol is, is dat The Reformer, die amptelike publikasie van die Protestant Alliance (VK) onlangs die hoofberig gehad het: ‘Is die Hervorming oor? Franciscus berei hom voor om te verklaar dat  dit is!’

Onder weg na Rome
Daar is ‘n gevoel van verwagting in die Vatikaan, en dit word weerspieël in sekere Protestante se reaksies. ‘n Hoofspeler in die aansporing van die sogenaamde versoening was wyle Tony Palmer, ‘n pastoor met ‘n Anglikaanse oorsprong wat in Engeland gebore is en in Suid-Afrika grootgeword het. By ‘n vergadering om hierdie saak aan te voer met mense soos die welvaart evangelie van gesondheid en rykdom apostel, Kenneth Copeland, het Palmer beweer dat hy hulle aangespreek het ‘in die gees van Elia’ en dat ‘Luther se protes oor was’.

Op die plaaslike front, het die Oktober 2014-uitgawe van
JOY! tydskrif ‘n sterk ‘Boodskap van Pous Franciscus aan Alle Weergebore Christene’ gehad. Die poging om ‘eenheid’ te bevorder, is in ‘n positewe lig gesien. ‘n Mens het die indruk gekry dat die tydskrif kritiese reaksie op sy naïwiteit skynheilig afgeskud het; maar wat treffend is, is dat dit nie hierdie artikel (sover soos dit vasgestel kan word) in sy Afrikaanse weergawe JUIG! ingesluit het nie.

Binne die gereformeerde kerke, egter, skryf Adrio König,
Professor Emeritus in sistematiese teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA), soos volg: “Is dit nie ‘n kenmerkende en verblydende ding dat die Rooms-Katolieke en Protestantse eksegete van die Nuwe Testament tot merkwaardig soortgelyke gevolgtrekkinge gekom het in verband met die Skrif wat praat van regverdiging deur geloof, terwyl met die Hervorming, dit een van die mees kontroversiële en verdelende onderwerpe was? Daardie tyd was die twee groepe radikaal teen mekaar. Die Hervormers het dade (werke) van die hele gebied van regverdiging radikaal uitgesluit (en het gehandhaaf dat ‘n mens nie voor God deur dade geregverdig word nie) terwyl dit gelyk het asof Rome op een of ander manier dade wou insluit. Vandag, as gevolg van nuwe navorsing en in die besonder weens werk wat saam gedoen is, is ‘n punt bereik waar dit moontlik is om oor hierdie saak saam te stem.” (STH 101 GUIDE, UNISA, bl 25.)

Eenheid roep – die Protestantse
Bybelse antwoord:
Die moderne teoloe betoog dat die ‘gees van die eeu’ min tyd het vir godsdienstige omstredenheid, net soos Gallio van ouds in verband met die ‘geredekawel oor woorde en name’, en verwys dan na Handelinge 18: 15.

Sulke kwessies word te maklik afgewys as kleinlik;
maar dit is noodsaaklik dat die Bybel nie weggestoot
word in belang van opportunisme en politieke korrektheid nie.

Volledige artikel in Die Afrikaner

16 Januarie 2017

Nuwejaarsboodskap vir 2017

Aan die vooraand van elke jaarwisseling is daar die verwagting dat die nuwe jaar beter sal wees as die een wat verby is.

2016 is afgesluit met die publikasie van die Boere-Afrikanervolksraad se uitnodiging aan die internasionale gemeenskap om as bemiddelaar toe te tree tot die dispuut met die ANC-regering oor territoriale selfbeskikking vir ons volk. Gegewe die tradisionele vyandigheid van die internasionale wêreld teen ons volk en die rol wat hulle gespeel het om Suid-Afrika tot oorgawe aan ‘n swart regering te dwing, is daar geen rede tot optimisme dat enige moontheid of instansie positief daarop sal reageer nie.

Wat 2017 en die toekoms verder vir ons volk inhou, weet ons nie. Sover dit die politieke omstandighede in Suid-Afrika aangaan, is daar geen rede gee om optimisties te wees dat dit beter daaraan sal toegaan as in 2016 en die voorafgaande jare nie. Ons moet die werklikheid in die oë sien dat ons land in die greep van ‘n misdadige en onbevoegde swart regering verkeer wat desperaat is om die politieke mag te behou en teen die witman — en in besonder die Boere-Afrikanervolk — te misbruik.

In dié omstandighede moet ons verby die neerdrukkende dinge kyk en ons oë ophef na God van Wie ons ons hulp verwag, en bedink dat Hy dikwels in ons geskiedenis uitkoms gegee het wanneer die nood op sy hoogste was.

In die nuwe jaar sal ons ons die grootse gebeurtenis herdenk wat hom 500 jaar tevore afgespeel het, toe Martin Luther die Protestantse reformasie met sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg ingelui het.  Dit het ‘n ontsaglike omwenteling in Europa, waar ons volk se fisiese en geestelike wortels is, teweeggebring. Die vrugte daarvan het saam met Van Riebeeck na Suid-Afrika gekom, waar die blanke beskawing geplant is. In die nuwe jaar sal ons die geleentheid gebruik om opnuut geloof en geesteskrag te put uit die suiwer verstaan en vertolking van die Woord van God soos dit tydens die Reformasie uitgekristalliseer het. Ons, kinders van die Voortrekkers en die Boere, sal in 2017 voortbou op die fondament waarop hulle gebou en die gelofte van 1838 afgelê het.

In Amerika neem mnr. Donald Trump eersdaags die leisels oor. Sy verkiesing tot president van die VSA was ‘n ernstige terugslag vir die linkses en liberaliste, wat ‘n nuwe wêreldorde daar wil stel. Ons wil die hoop uitspreek dat sy regering ‘n nuwe gees van nasionalisme en terugkeer na behoudende en Christelike norme in die wêreld tot gevolg sal hê, want sou dit gebeur, sal dit ook ons volk en ons strewe na die herwinning van ons vryheid, ten goede kom.

Ons volk moet egter nie ons hoop op die buiteland vestig nie. Ons sal self ons toekoms opnuut hier moet uitwerk — ‘n toekoms buite die veelrassige sekulêre bestel waarin ons sedert 1994 vasgevang is. Totdat die bestemde tyd vir ons vrywording aanbreek, moet ons trou bly aan ons erfenis as ‘n Christen-Blanke-Afrikanervolk met alles wat dit inhou. Dit verg toenemend inspanning en stryd. Laat ons die nuwe jaar blymoedig ingaan en onsself geestelik en fisies staal om die aanslae en moorde op ons te weerstaan, en geleenthede wat onvoorsiens mag opduik, te benut.

Inmiddels gaan ons harte uit na ons boere wat deur die droogte in dele van ons land geknel en verarm is. Ons bede is dat daar in die nuwe jaar reën sal val om vir hulle uitkoms en nuwe vooruitsigte in hul daaglikse bestaan te bring.

Eweneens doen ons voorbidding vir ons volksgenote in die gevangenis. Mag die gebeure in ons land so ‘n wending neem dat dat dit spoedig tot hulle vrylating sal lei.

Ek wens u almal ‘n geseënde 2017 toe.

Andries Breytenbach

31 Desember 2016

Die fundamentele probleem van S.A. is die 1994 staatkundige bedeling

Geagte Bittereinder,AndriesBreytenbach02-350_01

22 jaar ná die oorgawe van 1994, waar die Afrikaner deur bedrog en verraad sy politieke vryheid verloor het, het die pas afgelope munisipale verkiesing plaasge­vind. Van die gees van nasionalisme wat ons volk vroeër gevul het, was niks te be­speur nie; inteendeel, mens kry die indruk dat baie volksgenote verheug is dat die Demokratiese Alliansie (DA), vir wie hulle gestem het, vordering getoon het — die DA, wat niks anders is as ‘n reïnkarnasie van die ou Afrikanervyandige Progres­siewe party van Helen Suzman en Harry Oppenheimer nie. Tog verbasend dat mense se koppe so gedraai kan word! jaar ná die vrede van Vereeniging, waar die Boerevolk hul staatkundige onaf­hank­lik­heid moes prysgee, het nasio­na­lisme andermaal geseëvier toe genl. Hertzog die verkiesing van 1924 gewen, en die Boer polities weer baas in sy eie land ge­word het. Dit was dié groeiende nasio­na­lisme wat mettertyd so sterk geword het dat Suid-Afrika in 1961 ‘n vrye republiek buite die Britse Statebond kon word.

Continue reading Die fundamentele probleem van S.A. is die 1994 staatkundige bedeling

Het ons ’n afspraak met die toekoms?

Peters_M2Dit is ’n opvallende waarheid van ons huidige politieke werklikheid dat die ideaal van ’n selfstandige vrye volk (vryheid onder ’n eie regering en binne ’n eie vaderland) slegs in die regse Afrikanerpolitiek aangetref word – en waarskynlik nêrens beter geartikuleer word as in die HNP nie. Daarteenoor word ’n reeks van alternatiewe keu-ses vir die Afrikaners dwarsoor oor die politieke spektrum aangebied – veral binne die ge-ledere van Afrikaners wat die middelgrond as politieke tuiste gekies het en diegene wat verlinks saam met die ANC of die DA hul toekoms w i l Lueit- woper kd.a t die DA in baie opsigte die ANC probeer oorbie in ’n poging om stemme van die ANC weg te trek, maar dat dié party hoegenaamd nie ingestel is op die blankes se belange of die vryheid van die Afrikanervolk nie. Hulle strewe naarstigtelik na meer steun onder die swart kiesers.
Die uitslag het dit bewys.

Continue reading Het ons ’n afspraak met die toekoms?

Vyftig jaar na die Verwoerd-era

Peters_MDaar is ‟n skreiende kontras tussen die Suid-Afrika van vandag en Suid-Afrika onder dr Hendrik Verwoerd se leiding. Die era van Ver-woerd was die kulminasie van ‟n volgehoue stre-we van Afrikanernasionaliste om ‟n eie vrye Re-publiek te skep waarin die toekoms van die blan-kes van Suid-Afrika verseker kon word. Daarmee saam is volle erkenning verleen aan al die Ban-toevolke en hul eie politieke regte. Die tuislande het vir swart mense ekonomiese groei binne etnie-se verband, kulturele behoud en uiteindelike staat-kundige vryheid moontlik gemaak.

Continue reading Vyftig jaar na die Verwoerd-era

Die Missie van die HNP

Geagte Bittereinder,

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

Om Afrikanernasionalisme lewendig te hou en aan te wakker as die drywende mag wat tot nasionale vryheid vir die Afrikanervolk moet lei.

Daarom wil ons volksgerigte Afrikaners betrek en organiseer om deel te neem aan doelgerigte praktiese aksies vir Afrikaner­vryheid.

Dít, het die HNP-Kongres op 24 Oktober be­sluit, is die HNP se taak en die rede vir sy voortgesette bestaan as politieke organisasie in die teens­woordige Suid-Afrika.

Continue reading Die Missie van die HNP