Opwindende tye: Kommentaar in Die Afikaner

As daar nou een feit soos ‘n koei is, is dat Suid-Afrika beslis opwindende tye beleef. Wat egter net so seker is, is dat baie van die opwinding maar eerder kon gebly het. Maar die derde feit daaromheen, is dat van die opwinding ook geleenthede skep.

Die politieke landskap is sedert die begin van die jaar inderdaad interessant, alhoewel dit daagliks al hoe meer onstuimig word.

In die vorige uitgawe het ons al gepraat van die rewolusie wat aan die gang is. Dit is egter duidelik dat dit selfs hewiger is as wat ons aanvanklik verwag het.

Radikale transformasie het die kodewoord geword nadat radikale ekonomiese transformasie die sneller getrek het. Wat daar met al die radikale transformasies bedoel word, is glashelder: Blankes moet ontneem word wat hulle ook al mag he, en hulle moet liefs oral verwyder word of totaal magteloos gemaak word.

Waar daar in die verlede nog redelik omsigtig met woorde omgegaan is, is die aanslag nou blatant rassisties, en ANC-ampsdraers ding mee om mekaar te oortref in ongebreidelde haat teen die Blanke, terwyl die eerste openlike dreigemente teen die Blankes ook reeds geuiter is.

Dit wat tans uit ANC-kringe kom, laat selfs ‘n Julius Malema na ‘n soet kleuterskoolseuntjie lyk.

Intussen durf ‘n Blanke nie meer sy of haar mond oopmaak nie. Daarvan kan die superlinkse Helen Zille getuig. Al haar gedansery met die swart massas om stemme te werf, en al haar soene om te wys hoe lief sy vir die swart nasie is, was niks werd nie en vergete toe sy dit durf waag om te insinueer dat onder ‘n voormalige blanke bewind daar iets sinvols tot stand gekom het, al was dit dan net die infrastruktuur van paaie, mediese sorg en ‘n regstelsel. Net daardie veraf verwysing na blanke sukses, kan haar haar politieke loopbaan kos, want in wese is dit ’n erkenning dat die swart regering van die afgelope twee dekades ’n gemors maak, en die skoen druk hulle!

Die Zille-episode het natuurlik die een voordeel en dit is dat die DA onder sy swart leiertjie nou sy ware swart kleure wys. Dit word nou duidelik dat wit stemme voorlopig nog welkom is, solank hulle eintlik maar stilbly.

Die EFF is tot ’n groot mate identiteitloos as gevolg van die skielike radikalisering van die ANC. Aan die een kant wil Malema die groot revolusioner wees, en aan die ander kant is hy in bondgenootskappe met die DA, waarvan die leier met ’n blanke vrou getroud Bespiegelinge dat Malema al in die geheim met ANC-leiers in gesprek was, verbaas nie. Trouens, die vermoede is al uitgespreek dat Malema se party juis deur die ANC geskep is sodat dit die ANC die kans kan gee om meer radikaal te word. Die EFF het dit sedert sy stigting reggekry om die hele parlementere politieke spektrum na links te trek.

As dit gese is, kan die vraag gevra word wat dan nou so positief kan wees as die politieke toneel verradikaliseer teen die Blanke?

Ten minste weet die Blanke nou dat hy van die stelsel niks moet verwag nie. Enige toegeeflikheid teenoor die ANC of die regering word as blote swakheid gesien. Mnr. Jaap Marais het altyd die vergelyking met die wig en die deur getref: sodra die dun punt van die wig die deur effens oopmaak, sal hy nie ophou voor die deur heeltemal oop is nie. Die ANC en hulle kommunistiese mentors is meesters daarin.

Hulle het daardie tegniek gevolg met De Klerk en kie by Kodesa, en hulle volg steeds dieselfde taktiek.

Daarom is dit uiters gevaarlik om enige ooreenkoms met hulle aan te gaan, want dit is nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. Die ANC gaan nie ophou voor hy al die grond van die boere gevat het nie. Die 30% grond in swart hande is net ’n tussentydse doelwit. Hulle gaan nie tevrede wees met 50% swart aandeelhouding in besighede nie. Dit is net ’n tussentydse doelwit. Om dus nou te dink om hulle te help om daardie doelwitte te help bereik, is bloot uitgestelde selfmoord.

Dit is egter in hierdie tye uiters gevaarlik om na strooihalms te gryp. Die optogte teen Zuma is ’n voorbeeld daarvan. In ’n tyd dat die land oorloop van rassespanning, het die liberale media uit hulle pad gegaan om aan te toon hoe goed die optogte gewerk het, waar Wit, Bruin en Swart saam deelgeneem het en waar rasseharmonie dan nou skielik herstel

  1. Die optogte het gegaan teen die persoon van Zuma, nie teen sy ideologie en beginsels nie. Sodra hy weg is, sal die EFF, wat nou saam met die Blankes geloop het, net so vinnig omdraai en sy anti-blanke sentimente laat blyk met bewerings dat ons grond gesteel het en dat ons uit die ekonomie verwyder moet word.

Die ander strooihalm wat mense maar kan los, is die gewaande verdeeldheid in die ANC. Niemand het bedank na Zuma se kabinetskommeling nie, behalwe die wat deur hom afgedank is. Zuma staan sterk. Ons moenie dat ons westerse denke ons dinge laat sien wat nie bestaan nie. Afrika dink anders, soos blyk uit prof. Andre Duvenhage se voorlegging onlangs by TLU SA, waaroor ons in hierdie uitgawe berig.

Die positiewe waaraan ons moet vasklou, is ons identiteit en ons geskiedenis. Daarom dat ons in hierdie uitgawe ook goeie aandag gee aan die herdenking van die Slag van Majuba, waar volksgenote jaarliks in groot getalle bymekaarkom, en mekaar versterk en bemoedig. Waar kinders hulleself geniet en waar die volgende geslag al hulle kinders heen bring om moed uit die geskiedenis te put. Want een ding van die geskiedenis is waar: hy herhaal homself: helaas die slegte, maar gelukkig ook die goeie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *