Verklaring deur die HNP rakende 22 Maart se terroriste-aanval in Londen

Mediaverklaring

Terroriste-aanval in Londen

Terroriste-aanvalle op onskuldige mense kan nie goedgepraat word nie. Daarom veroordeel die HNP ook die aanval in Londen.

Dit is egter noodsaaklik om die geskiedenis en gebeure in Suid-Afrika in herinnering te roep en die saak van terroristedade en-aanvalle in perspektief te stel.

Toe die ANC in Suid-Afrika (wat toe ook n ordelike Eerste Wêreldland was) n verbode organisasie verklaar was, was die ANC se hoofkantoor in Londen gevestig. Die Britse regering het dit toegelaat. Die terroriste-aanvalle teen die inwoners van Suid-Afrika is vanuit hierdie Londen-kantoor georkestreer.

Dit was die eerste minister van Brittanje, Margaret Thatcher, wat druk op mnr PW Botha, staatshoof van Suid-Afrika, geplaas het om die kommunis en terroris, Nelson Mandela, vry te laat.

Brittanje en die VSA was aan die voorpunt om druk op Suid-Afrika te plaas om die politieke mag aan n vyandige terroriste-bende, die ANC, te oorhandig. Landmyne is in die noorde van ons land geplant wat die terroriste-oorlog binne die grense van Suid-Afrika gebring het. En die Westerse wêreld het geswyg en die druk net meer op die wettige regering van Suid-Afrika geplaas om aan die terroriste oor te gee.

Terwyl Suid-Afrika as bondgenoot die regering van mnr Ian Smith in Rhodesië ondersteun het, het Henry Kissinger van Amerika mnr John Vorster gedwing om mnr Ian Smith tot oorgawe aan die terroriste in Rhodesië (Zimbabwe) te dwing. Ook Angola, Mosambiek en Suidwes-Afrika moes val as gevolg van die gedwonge druk deur Suid-Afrika.

Die Kerkstraatbom op 20 Mei 1983 is n identiese voorbeeld van wat nou in Londen gebeur het.

Vandag duur daardie terroriste-aanvalle onverpoosd voort met die een plaasaanval na die ander en word boere die een na die ander deur terroriste op hulle plase vermoor. En die wêreld swyg.

Die vraag kan met reg deur Afrikaners gevra word: Noudat Brittanje die aakligheid van terrorisme sien, wat is hulle standpunt oor die terroriste-oorlog wat onverpoosd voortduur teen die Blankes van Suid-Afrika?

Louis van der Schyff

Hoofsekretaris

23 Maart 2017