Mediaverklaring deur mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP na aanleiding van FW de Klerk se toespraak

Meneer De Klerk,

Nou toe nou! Jy wat met groot bravade beduie het hoe jy Suid-Afrika onomkeerbaar gaan verander, skrik nou vir jou eie mismaaksel, noudat jy die gevolge daarvan sien en agterkom dat jou eie politieke heksebrousel  onomkeerbaar is.

Ons  herinner jou aan die gesprek wat verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe op 25 Junie 1990 met jou gevoer het om jou tot jou sinne te probeer bring en die gevare van jou diaboliese beleid vir die Witman van Suid-Afrika, aan jou uit te wys. Tóé en keer op keer daarná, is jy gewaarsku oor die onreg wat geskep sal word deur die tirannie van magsmisbruik, korrupsie, ideologiese beheptheid en dergelike wanpraktyke. Ten spyte daarvan dat jy erken het dat geen handves of konstitusie magsmisbruik kan voorkom nie of kan waarborg dat ‘n swart regering die norme en waardes van beskawing sal kan beskerm nie, het jy nogtans voortgestorm op jou rampspoedige pad, en toe die blanke kiesers hulle in toenemende mate teen jou gekeer het, het jy nie geskroom om jou presidensiële mag te misbruik om ons te ontkieser deur tussenverkiesings af te skaf en wette wat strydig was met die grondwet, deur die parlement te stoomroller ten einde Suid-Afrika aan die kommunistiese terroriste te oorhandig nie.

Jou omgekeerde Suid-Afrika het al báie goed en bloed geëis wat om vergelding roep, en nog is dit nie die einde nie. Terwyl jy veilig sit en swelg in jou verraaiersloon, bloei so baie van ons volksgenote wat nie landuit kon vlug om aan jou nalatenskap te ontkom nie. Boere en stedelinge word vermoor, families is uitmekaargeskeur en ons volksgenote word tot die bedelstand gedwing. Jy het nie ‘n bloedbad voorkom nie, jy het een veroorsaak.

Jy kan dit nie omkeer nie. Bly liewers stil en moet nooit weer jou gesig in die openbaar wys nie.

 

A.E.  Bryetenbach

Leier van die HNP

4 Februarie 2017