Die fundamentele probleem van S.A. is die 1994 staatkundige bedeling

Geagte Bittereinder,AndriesBreytenbach02-350_01

22 jaar ná die oorgawe van 1994, waar die Afrikaner deur bedrog en verraad sy politieke vryheid verloor het, het die pas afgelope munisipale verkiesing plaasge­vind. Van die gees van nasionalisme wat ons volk vroeër gevul het, was niks te be­speur nie; inteendeel, mens kry die indruk dat baie volksgenote verheug is dat die Demokratiese Alliansie (DA), vir wie hulle gestem het, vordering getoon het — die DA, wat niks anders is as ‘n reïnkarnasie van die ou Afrikanervyandige Progres­siewe party van Helen Suzman en Harry Oppenheimer nie. Tog verbasend dat mense se koppe so gedraai kan word! jaar ná die vrede van Vereeniging, waar die Boerevolk hul staatkundige onaf­hank­lik­heid moes prysgee, het nasio­na­lisme andermaal geseëvier toe genl. Hertzog die verkiesing van 1924 gewen, en die Boer polities weer baas in sy eie land ge­word het. Dit was dié groeiende nasio­na­lisme wat mettertyd so sterk geword het dat Suid-Afrika in 1961 ‘n vrye republiek buite die Britse Statebond kon word.

Die VF Plus (die V staan vir Vryheid), wat voorgee om die Afrikaner te verteenwoor­dig, se verkiesingspropaganda het nie ‘n enkele letter bevat wat enigiets van ons volkstrewe en versugting na vryheid ge­sug­­gereer het nie; inteendeel, die bood­skap op hul plakkate was so niksseggend en neutraal (“Saam is ons sterker” en “Ons veg vir jou belange”) dat dit ewe goed deur enige ander party, selfs die SA Kommu­nistiese Party, gebruik kon gewees het. Dit kon ook nie anders nie, want sou die VF+ hom op óns volk se strewes en sentimente  beroep het, sou sy kleur­ling­kandidate en –onder­steu­ners uitgesluit gevoel het.

Ofskoon dit net ‘n munisipale verkie­sing was wat oor dienslewering moes ge­gaan het, is derdevlakregering deur die grond­wet so verpolitiseer dat dit uiteinde­lik oor die mag van politieke partye gaan — partye wat meeding om die stem van die swart massas. Beginsels is nie ter sprake nie.

Terwyl daar in die media bespiegel en selfs verwagtinge van ‘n beter tydperk vir Suid-Afrika voorgehou word, moet ons besef dat niks wesenlik verander het nie,  want op nasionale en provinsiale vlak, waar die belangrike beleidsbeslissings gemaak en die koers van die land bepaal word, sit die ANC nog stewig in die saal en sal hy voortgaan met sy Nasionale Demokratiese Rewolusie om Suid-Afrika in ‘n sosialisties-kommunistiese staat te omskep, asook met sy transformasie, ofte wel verafrikani­se­ring van hierdie eens blanke Suid-Afrika.

Munisipale dienslewering, waarop die DA hom beroem, sal nie oornag verbe­ter nie. In die Wes-Kaap, wat voorgehou word as ‘n model van DA-regering, is ‘n groot aantal van die amptenary blankes en kleurlinge. In die ander metropole erf die DA die onbevoegde kader- en affirmative amptenary wat deur die ANC aangestel is, tesame met die laat-maar-loop-kultuur en gebrekkige werksetiek wat oor twee deka­des daar gevestig geraak het.

Die fundamentele probleem van S.A. is die staatkundige bedeling wat in 1994 tot stand gebring is, naamlik die same­voe­ging van alle volke tot een “nasie” in ‘n enkele staat, waarin ons volk ‘n krim­pende minderheid is. Die verkiesing het weer eens bevestig dat ons volk se heil in so ‘n bedeling nie deur middel van die stembus bereikbaar is nie. Ons sal weer nasionalisme en die vryheidsideaal tot ‘n bewegende mag moet verhef.

Andries Breytenbach