Europa se trekarbeiders – dis net die begin

Peters_M2Mens moet soms terugstaan om na die geheel van die situasie in Europa te kyk. Die krisis wat die verskillende lande tans beleef met “vlugtelinge”, “migrante”, “immigrante” of hoe mens hulle ook wil noem, is nie van nou die dag daar nie. Die aanloop was reeds in die laat vyftigs en sestigs toe lande in Europa ekonomiese groei beleef het en besluit het om trekwerkers te werf, byvoorbeeld Turkse werkers wat in Duitsland “gastarbeiter” genoem is. Daar is toe gebruik gemaak van “werkpermitte” en “werkvisas” waarvan die funksie dieselfde as Suid-Afrika se pasboeke was. Dit het oor dekades ’n toestroming van arbeiders uit Oos-Europa, Indië, Afrika en die Midde-Ooste veroorsaak, aangesien die lone in Europa baie beter was en boonop nog gepaard gegaan het met sosiale, behuising- en mediese voordele wat luuks was in vergelyking met die lande waar hierdie trekwerkers vandaan gekom het. Lesers sal onthou dat mnr Enoch Powell in die sestiger en sewentigerjare deur die pers uitgekryt is as rassis en verkrampte denker toe hy gewaarsku het teen die gevare wat die immigrasiebeleid vir Brittanje ingehou het.

Continue reading Europa se trekarbeiders – dis net die begin

Het ons ’n afspraak met die toekoms?

Peters_M2Dit is ’n opvallende waarheid van ons huidige politieke werklikheid dat die ideaal van ’n selfstandige vrye volk (vryheid onder ’n eie regering en binne ’n eie vaderland) slegs in die regse Afrikanerpolitiek aangetref word – en waarskynlik nêrens beter geartikuleer word as in die HNP nie. Daarteenoor word ’n reeks van alternatiewe keu-ses vir die Afrikaners dwarsoor oor die politieke spektrum aangebied – veral binne die ge-ledere van Afrikaners wat die middelgrond as politieke tuiste gekies het en diegene wat verlinks saam met die ANC of die DA hul toekoms w i l Lueit- woper kd.a t die DA in baie opsigte die ANC probeer oorbie in ’n poging om stemme van die ANC weg te trek, maar dat dié party hoegenaamd nie ingestel is op die blankes se belange of die vryheid van die Afrikanervolk nie. Hulle strewe naarstigtelik na meer steun onder die swart kiesers.
Die uitslag het dit bewys.

Continue reading Het ons ’n afspraak met die toekoms?

Vyftig jaar na die Verwoerd-era

Peters_MDaar is ‟n skreiende kontras tussen die Suid-Afrika van vandag en Suid-Afrika onder dr Hendrik Verwoerd se leiding. Die era van Ver-woerd was die kulminasie van ‟n volgehoue stre-we van Afrikanernasionaliste om ‟n eie vrye Re-publiek te skep waarin die toekoms van die blan-kes van Suid-Afrika verseker kon word. Daarmee saam is volle erkenning verleen aan al die Ban-toevolke en hul eie politieke regte. Die tuislande het vir swart mense ekonomiese groei binne etnie-se verband, kulturele behoud en uiteindelike staat-kundige vryheid moontlik gemaak.

Continue reading Vyftig jaar na die Verwoerd-era

Die Missie van die HNP

Geagte Bittereinder,

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

Om Afrikanernasionalisme lewendig te hou en aan te wakker as die drywende mag wat tot nasionale vryheid vir die Afrikanervolk moet lei.

Daarom wil ons volksgerigte Afrikaners betrek en organiseer om deel te neem aan doelgerigte praktiese aksies vir Afrikaner­vryheid.

Dít, het die HNP-Kongres op 24 Oktober be­sluit, is die HNP se taak en die rede vir sy voortgesette bestaan as politieke organisasie in die teens­woordige Suid-Afrika.

Continue reading Die Missie van die HNP

Boere-Afrikaner Volksraad: VERSLAG AAN PARLEMENT OORHANDIG

9 SEPTEMBER 2015Volksraad

MEDIAVERKLARING: VERSLAG AAN PARLEMENT OORHANDIG

Die Boere-Afrikanervolksraad het op 8 September 2015 ‘n besoek aan die Suid-Afrikaanse Parlement gebring waartydens ‘n verslag van die Volksraad se kommunikasie met die President en Regering van Suid-Afrika, aan elke lid van die Nasionale Vergadering besorg is.  Toegang tot die Parlement en verspreiding van die verslag is moontlik gemaak deur die Vryheidsfront Plus, wat as gasheer vir die besoekers opgetree het.

Sedert die totstandkoming van die Volksraad in Oktober 2011 het dié liggaam herhaalde pogings aangewend om die Regering tot samesprekings oor selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk te beweeg. Dit het uiteindelik uitgeloop op ‘n enkele gesprek op 28 Augustus verlede jaar. Pogings om dit op te volg, was vrugteloos.

Regerings en ander partye in die buiteland is periodiek oor die voorgenoemde kommunikasie ingelig, dog die Suid-Afrikaanse parlement is in onkunde gelaat. Gister se aksie het ten doel gehad om parlementslede  eerstehands in te lig oor die bestaan en werksaamhede van die Boere-Afrikanervolksraad en die volk se aandrang op selfbeskikking, asook die Regering se versuim om ondernemings tydens die voorgenoemde gesprek gegee, na te kom.


A.E. Breytenbach

Voorsitter

Dáárom hou ons aan…

Geagte Bittereinder,

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

Dikwels word aan ons in die HNP gevra: “Waarom hou julle aan? Wat bereik
julle nou eintlik?” en dergelike vrae. En laat ons eerlik wees, die gespartel en
spanning om maand na maand die nodige fondse te vind om die rekeninge te betaal, terwyl dit nie lyk of daar juis vordering gemaak word nie, laat selfs ons eie mense wat aktief in die stryd betrokke is, hulleself soms afvra: is dit die moeite werd?

Daar is baie ooreenkomste tussen die stryd
van die HNP en die stryd van die vroeë
kerk, soos dit in die Bybel opgeteken is: Dit
is ‘n geloofstryd; die arbeiders en die middele
is min; die boodskap wat ons uitdra,
nie gewild nie; resultate kwalik sigbaar; en
vyandigheid — nogal van mede-Afrikaners
— nie ‘n vreemde verskynsel nie.

Mense wil graag “resultate” sien, en wanneer
dit uitbly, beskou hulle die stryd as
nutteloos, of besluit hulle daar is fout met
die boodskap wat ons uitdra. Continue reading Dáárom hou ons aan…

Die toestand in SA kon vandag baie anders gewees het!

Louis van der Schyff
Louis van der Schyff

Mnr Louis van der Schyff, onderleier van die HNP, het op 25 Mei die maandelikse byeenkoms van SEGE (die Sentrum vir Eietydse Geskiedenis) in Pretoria toegespreek. Mnr Van der Schyff het in die kort tyd wat by so ‘n byeenkoms beskikbaar is, ‘n oorsigtelike beeld gegee van die belangrikste gebeure in die politiek na die moord op dr HF Verwoerd.

As sake anders in die regse politiek hanteer was, het hy gesê, sou die Afrikanervolk nie vandag deur ‘n swart kommunistiese regime onderdruk gewees het nie. Mnr Van der Schyff se toespraak word hier weergegee. Continue reading Die toestand in SA kon vandag baie anders gewees het!

Treurgrond

Geagte Bittereinder,

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

nlangs stap ‘n moeder met haar negejarige dogtertjie op die stoep van ‘n winkelsentrum in een van Pretoria se voorstede.

Hulle kom verby waar ‘n swart vrou daar op die winkelstoep besig is om ‘n wit baba se doek om te ruil terwyl die ma van die baba neus in die lug staan en toekyk.
“Hierdie is ook deel van treurgrond” sê die dogtertjie vir haar moeder.

 

“Ja, trek jou lip op! Trek hom op tot by
jou voorkop!” snou die ma van die baba die
dogtertjie bitsig toe.

Toe hulle verder stap, vra die dogtertjie
se moeder haar: “Weet jy wat is treurgrond?”
“Dit is ons land waar so baie van ons
mense vermoor word” antwoord die kind.
“Ja”, sê haar moeder, “en dis ook die
naam van ‘n rolprent oor die plaasmoorde
wat eersdaags vrygestel word.” Continue reading Treurgrond

Jaarkongres: 25 Oktober

Geagte Bittereinder,

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

Oktobermaand is gevul met gedenkwaardige gebeurtenisse vir die Afrikanervolk. Een daarvan is die totstandkoming van die HNP 45 jaar gelede op 25 Oktober 1969, toe ‘n groot getal volksgenote besluit het om die stryd teen die liberale politieke koers wat die Nasionale Party ná die sluipmoord op dr. Verwoerd ingeslaan het, aan te bind.

In die 45 jaar wat daarna gevolg het, het die HNP ‘n verbete stryd gevoer om ons vaderland onder Blanke politieke gesag te hou. In ‘n sekere sin was die stryd eenvoudig, want verkiesings was die slagveld. As politieke party het ons van die een veldslag na die ander beweeg en telkens was daar die verwagting van ‘n moontlike oorwinning of dan ten minste van vordering. Die Regering se foute en swakhede het die ammunisie verskaf om die regerende party aan te val. Die doelwit was telkens duidelik: wen die verkiesing; die resep stereotiep: huisbesoek, pamflette, plakkate, die koerant, vergaderings — alles daarop toegespits om die kiesers van ons standpunt te oortuig want getalle was belangrik. Die verkiesingskoors wat telkens opgewek is, het mense se betrokkenheid verseker. Continue reading Jaarkongres: 25 Oktober

Dr. Albert Hertzog en die Nasionale Party — 100 jaar gelede

Liewe HNP-Bittereinder,

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

Op die 4de Julie het ons die geboorte van dr. Albert Hertzog herdenk Op dié dag in 1899 het hy die lewenslig aanskou. As een van die min babas wat die konsentrasiekampe oorleef het, het hy ons verwoeste land en volk gesien, maar ook die heropbou daarvan en die herlewing van Afrikanernasionalisme onder die politieke leiding van sy vader, genl. J.B.M. Hertzog, meegemaak.

Drie dae voor sy 15de verjaarsdag, op 1 Julie 1914, is die Nasionale Party (NP) formeel ge­stig. Daarmee is, in die woorde van pres. Steyn, “de eenheid van het Afrikaanse volk waarnaar president Kruger en ik gestreeft hebben, totaal gebroken…” maar “Ik zie niet in wat Hertzog en zyne geesverwanten anders kunnen doen…” want genl. Louis Botha se toenemende Engelse gesindheid het dit vir die ontwakende Afrika­nernasionalisme eenvoudig onmoontlik ge­maak om met hom in een juk, te wete die Suid Afrikaanse Party, saam te trek.

Die Nasionale Party het die nuwe tuiste van Afrikanernasionalisme geword — die ware po­litieke volksfront van die Afrikanerdom, waar­deur die Afrikaner sy volksideale sou verwe­senlik. Oor ‘n tydperk van meer as 52 jaar het dié Party die Afrikanervolk saamgebind en Suid-Afrika tot geweldige hoogtes gevoer, nieteenstaande felle teenstand van die Afrika­ner se vyande binne- en buitelands. Dit was ‘n geskiedenis van stryd, waarin wyle dr. Albert Hertzog deurentyd ‘n sterk en behoudende rol gespeel het. Continue reading Dr. Albert Hertzog en die Nasionale Party — 100 jaar gelede

Die stryd duur voort!

Geagte Mede-HNP-Bittereinder

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

Teen die muur in my studeerkamer hang ‘n
oorkonde. Die inskripsie lees soos volg:
Uit die Boerevolk se heroïese wapenstryd
van 1899 – 1902 het ‘n erenaam gekom —
Bittereinder — vir die man en die vrou vir
wie die prys van hulle volk se vryheid en
vaderland nie te hoog was om te betaal nie.

Toe baie ander moed verloor en die stryd
gestaak het, het hulle hul volk se naam hoog
gehou, en deur hulle moed, hulle daadkrag en
volharding ‘n besieling van hulle volk geword.
Geslagte wat daarna gekom het, het geeskrag
geput uit die voorbeeld wat hulle gestel
het. As die erfgename van die gees van die
Bittereinders het hulle elke stryd om hul
volk se vryheid voortgesit totdat Suid-
Afrika onder ‘n Afrikanerregering vry geword
het van Britse oorheersing. Continue reading Die stryd duur voort!

Waarom ons nie stem nie (2)

Geagte Mede-HNP-lid,

HNP Leier, Andries Breytenbach
HNP Leier, Andries Breytenbach

In die vorige Bittereinder het ons aangetoon dat die getalsverhouding tussen Blankes en Nieblan­kes in Suid-Afrika dit onmoontlik maak vir die Afrikaner of selfs die Blankes om enige wesen­like invloed op die politiek deur middel van die stembus uit te oefen.

Daar is ook gewigtige beginselredes waarom ons nie aan die Staat se verkiesings deelneem nie.

De Klerk se verraad van 1994 moes voorgestel word (en word steeds voorgehou) as ‘n welkome transformasie van ‘n onderdrukkende blanke min­derheidsregering na ‘n bedeling van “vry­heid” en “demokrasie” vir almal – ‘n bedeling waarin elke volwasse Suid-Afrikaner stemreg ge­niet. (Die reg om te kan stem, is die liberalisme se enigste definisie en maatstaf van demokra­sie). Dat die voorgegewe demokrasie die metode was om die verklaarde Kommunistiese doelwit naam­lik om “die Afrikaners as ‘n volk en kultuur totaal (te) vernietig” te verwesenlik, word ver­swyg. Continue reading Waarom ons nie stem nie (2)